Apteke oor pryse ondersoek
Apteke oor pryse ondersoek

Apteke oor pryse ondersoek

Die Aptekersvereniging van Namibië (PSN) sê toepaslike kostestrukture is ontwerp om die publiek teen uitbuiting en misbruik te beskerm.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Prysvasstelling deur meer as 200 geregistreerde apteke in Namibië, sowel as die Aptekersvereniging van Namibië (PSN), word deur Namibië se mededingingskommissie (NACC) ondersoek.

Die ondersoek spruit voort uit beweringe dat die PSN as 'n vrywillige vereniging van aptekers 'n reël het wat van apteke vereis om 'n ­eenvormige wins van 50% op medisyne te hê.

Volgens inligting wat aan die kommissie verskaf is, pas die PSN die 50%-verpligting streng toe.

Apteke word voorts gewaarsku oor moontlike sanksies sou hulle “etiese reëls oorskry”, en maak hulle sodoende skuldig aan “werwing” sou hulle van die 50%-verpligting afwyk.

Die kommissie sê in 'n verklaring apteke wat voorheen afgewyk het van die 50%-verpligting is aan ­ondersoeke en dissiplinêre stappe deur die PSN onderwerp.



VERBODE

Volgens die kommissie word prysvasstelling deur die wet op mededinging verbied.

“Die daarstelling van 'n eenvormige prys tussen apteke wat veronderstel is om met mekaar mee te ding, wek kommer oor die verbruiker se welstand, omdat dit prysmededinging verwyder en die keuse van produkte vir verbruikers verminder,” lui die verklaring.

Dit sê voorts wanneer pryse deur kompeterende aptekers vasgestel word, verbruikers geen ander keuse het as om die vasgestelde prys te betaal nie.

Dít verminder druk op apteke om die prys van medisyne te verlaag, en kan gevolglik lei tot “ongeregverdigde en verhoogde verbruikerskoste”, wat uiteindelik toegang tot bekostigbare gesondheidsorg belemmer.

Volgens die kommissie is dit steeds besig om al die toepaslike inligting vir die ondersoek in te samel en is 'n ­kennisgewing van ondersoek op die PSN sowel as die betrokke apteke bedien.

Dié partye het 30 werksdae om voorleggings verwant aan die ondersoek aan die kommissie voor te lê.

Die kommissie sal na afloop van die ondersoek en hangende die bewyse vasstel of die verwante bepaling van die wet op mededinging oortree is.

Intussen het die PSN in 'n ­verklaring bevestig 203 apteke in Namibië, waarvan die meeste lede van die PSN is, onlangs kennis van die kommissie gekry het dat 'n formele ondersoek in terme van artikel 33 van die wet op mededinging van stapel gestuur is.



Volgens die vereniging is hy nie van plan om “die saak van ons lede in die openbaar en by wyse van die media” te stel nie.

“Ons sal gebruik maak van die statutêre reg van ons lede en die vereniging om formeel en volledig te antwoord op die bewerings,” lui die verklaring.

Die PSN het egter die publiek die versekering gegee dat die bron van die klagtes teen die vereniging en sy lede “in die opinie van die uitvoerende komitee 'n bona fide misverstand oor die presiese werking van die toepaslike kostestrukture en die redes daarvoor is”.

Volgens die verklaring is die toepaslike kostestrukture “spesifiek so ontwerp om die algemene publiek teen uitbuiting en misbruik te beskerm”.

Die PSN sê voorts op advies van hul regspan “wanneer al die feite oor die kwessie aan die lig gebring word, sal die prysstrukture van Namibiese apteke nie net wettig nie, maar ook regverdig bevind word”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.99/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.67% | Zinc US$ 2 857.60/T UP 1.82% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 906.73/OZ UP +0.51% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.99/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.67% | Zinc US$ 2 857.60/T UP 1.82% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 906.73/OZ UP +0.51%