APS-week belangrike kans vir nuwe talent
Krieket
Andrew Poolman - Krieket het die afgelope jare talle verliese gely sover dit kompetisie met ander balsporte vir dieselfde talentvolle spelers betref.
'n Nuwe benadering is egter ingeslaan om aan spelers, hul ouers en ander sportkodes te wys dat Namibië wel erns het om 'n volgende geslag krieketspelers vir die geleenthede op die wêreldtoneel voor te berei.
Vir die jongelinge begin hierdie paadjie vandag met die krieketweek in Windhoek wat deur Africa Personnel Services (APS) geborg word. Die spanne het Vrydagaand hul kleurvolle kleredrag by die amptelike bekendstelling ontvang.
Die aksie begin dié week in die onder 15 en o.17-ouderdomsgroepe waar ses spanne met 'n redelik eweredige verspreiding van vernuf saamgestel is.
Elke spannetjie het 'n senior nasionale Eagles-speler wat deurgaans bystaan om hulle op die regte koers te hou. Vandag se wedstryde is oor 50 boulbeurte per span en vir die jonges is die eerste mikpunt gewoonlik om hul kolfwerk só te beoordeel dat hulle nie almal uitgeboul word voordat die boulbeurte verstreke is nie.
“Om net in een skooltermyn krieket te speel, is nie naastenby genoeg om enige speler se vaardighede sodanig te kry dat hy later instinktief die regte besluite op 'n hoër vlak kan neem nie,” verduidelik Dee Thakur, die afgelope jare se suksesvolle senior nasionale afrigter wat nou herontplooi is om meer strategies rigting aan Krieket Namibië se ganse ontwikkelingsprogram van spelers te gee.
Wedstryde begin om 09:30 op die velde van Wanderers, Windhoek Affies en CCD Tigers.
Die ses spanne se kragmetings in vandag se eerste ronde is die Vulcanic Rhinos teen die Meteor Lions; Hurricane Wolves teen Thunderous Cheetahs, en Vicious Falcons teen Striking Eagles.
Wedstryde volg ook môre (tydkrieket), Woensdag (T20) en Donderdag (tydkrieket), wat sal bepaal watter spanne Vrydag mekaar in die krag teen krag fase in 50-beurt wedstryde ontmoet.
• Die APS krieketweek vir onder 19's begin op Maandag 27 Augustus. Dit het tevore as die Momentum-week bekend gestaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie