Apps is dalk nié die antwoord vir winkels
Verbruikers beleef 'n goue era van keuse, en dit skep uitdagings vir winkels, sê PwC in sy jaarlikse wêreldwye kleinhandelsopname, wat in April uitgereik is. Winkels van baksteen en sement ding veral met Amazon mee vir markaandeel. Wêreldwyd het 28% van die respondente gesê hulle kom danksy Amazon minder in winkels.
Kleinhandelaars se groeisyfers sukkel. In die VSA, die grootste verbruikersmark wat koopkrag betref, gaan inkomste uit winkelverkope vanjaar na verwagting met net 1% groei. Met aanlyn verkope bygereken, kan die totale groei 3% of 4% wees.
Die inkomstegroei word dus deur die groei van aanlyn verkope gedryf, sê PwC. Daarom beveel hy aan dat winkelgroepe in aanlyn uitbreidings belê.
Maar vir die meeste winkelgroepe is dít moeilik omdat hulle nie so 'n groot balansstaat soos byvoorbeeld die vervaardigingsektor het nie.
Dit is vir winkels beter om te belê in webtuistes wat maklik op selfone gebruik kan word eerder as in toepassings (apps), sê PwC. Verbruikers raak moeg daarvoor om 'n klomp apps te hê wat hulle net een keer gebruik.Kleinhandelaars wat hul produkte in winkels en aanlyn van die hand sit, sê apps genereer net 24% van hul verkope. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie