Apple Music se stryd met Spotify word witwarm
Apple Music se stryd met Spotify word witwarm

Apple Music se stryd met Spotify word witwarm

Dit lyk of Apple een van sy eie reëls verbreek deur kennisgewings aan gebruikers te stuur oor sy eie produkte en dienste.
Petrus Malherbe – Apple wil vir Spotify die stryd aansê en raai nou bestaande gebruikers van sy musiekstromingsdiens aan om hul vriende te vra om ook intekenare van Apple Music te word.

Apple Music het tans net meer as 50 miljoen betalende gebruikers wêreldwyd teenoor Spotify se 87 miljoen.

Nou bied Apple ’n maand gratis aan enige persoon wat ’n bestaande intekenaar van Apple Music na die diens verwys, berig 9to5Mac.

Boonop bied Apple tot drie maande gratis aan enige intekenaar wat sy kontrak gekanselleer het in ’n poging om hulle terug te wen.

Dit wil wel voorkom of Apple een van sy eie reëls verbreek deur kennisgewings aan gebruikers te stuur oor sy eie produkte en dienste.

Die maatskappy het ’n reël dat geen app regstreekse bemarking deur middel van kennisgewings aan gebruikers mag stuur nie.

Apple het nie op 9to5Mac se versoek om kommentaar gereageer nie.

Die maatskappy gaan gebuk onder dalende iPhone-verkope, veral in China.

Sy inkomste het oor die Kerstyd met 5% op ’n jaargrondslag tot $84,3 miljard gedaal, het Netwerk24 vroeër berig.

Minder mense het ook opgegradeer na nuwe toestelle in ’n jaar wat Apple nie minder nie as drie nuwe iPhones bekend gestel het.

Die maatskappy het begin om die prys van sy toestelle te verlaag in ’n poging om verkope ’n hupstoot te gee. Hy maak wel steeds goed geld uit dienste soos Apple Music, maar sukkel om teen ander groot spelers in die bedryf mee te ding. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!