Appèl hou spelersgroep na Japan ongeskonde

11 September 2019 | Sport
Andrew Poolman - Twee Namibiese spelers oor wie se koppe op die vooraand van die vertrek na die Wêreldbeker in Japan 'n skadu gehang het, het intussen goeie nuus gekry.

Daar was vernaam kommer oor die slot Pieter-Jan van Lill, wat aanvanklik deur 'n skorsing van drie wedstryde in die gesig gestaar is. Die NRU het suksesvol teen sy straf geappelleer, nadat hy die afgelope naweek op Walvisbaai vir Thembelani Bholi van die Southern Kings met die vuis bygekom het terwyl dié hom op die grond in 'n kopklem beetgehad het.

Skeidsregter Quinton Immelman het beide onmiddellik met sy rooi kaart afgestuur en 'n tugverhoor, met ondersteunende videogetuienis, is kort ná die wedstryd afgehandel.

Indien die appèl nie geslaag het nie, sou dit heel moontlik tot Van Lill (35) se weglating uit die toergroep kon lei omdat hy dan nie vir die wedstryde teen Italië, Suid-Afrika óf Nieu-Seeland in aanmerking kon kom nie. Hy was juis bestem om soos vier jaar gelede 'n sleutelrol te vervul as Tjiuee Uanivi se slotmaat.

Japan 2019 sal Wêreldbeker nommer drie vir Van Lill wees, hoewel hy inderdaad vandeesmaand by die uitsoekklub van viermalige WB-spelers kon aansluit.

Die sterk baldraer-agtsteman of slot het vanweë 'n ontydige kniebesering die 2007-skouspel in Frank­ryk misgeloop waar sy WHS-skoolmaats Jacques Burger, Tinus du Plessis en Eugene Jantjies almal die eerste van hul drie WB-toernooie elk gespeel het.

Jantjies is bestem om die eerste en enigste Namibiese speler sover te word wat in vier WB-toernooie in aksie is.

Die kommer oor die skouerbesering wat die toerkaptein en senter Johan Deysel vroeg teen die Kings van die veld gedwing het, is ook intussen grootliks besweer. Die aanduidinge is positief dat hy betyds volkome sal kan herstel om vir die openingstoets teen Italië op Saterdag 21 September beskikbaar te wees.

Soortgelyk

 

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

1 uur gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

13 ure gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

13 ure gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

13 ure gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

13 ure gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...

Vier 'renosterstropers' verskyn in camera

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof...

San gebruik spaargeld vir wateraanleg

13 ure gelede | Omgewing

Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging. Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied...