Apartheidsondes by Absa beloer
Apartheidsondes by Absa beloer

Apartheidsondes by Absa beloer

Gerine Hoff
Nellie Brand-Jonker



Absa het Vrydag­oggend 'n verslag deur die nuwe openbare beskermer (OB) oor hulp wat hy na bewe­ring op onbehoorlike wyse in die apartheidsera van die Reserwebank gekry het, gekap en sê dit bevat talle feitefoute.

Dis dalk Vrydag die 13de vir Absa want Mail & Guardian het berig hy gaan waarskynlik gedwing word om R2,25 miljard aan die staatskas op te dok vir 'n beweerde onwettige hulppakket wat hy in die apartheidsera gekry het.

Die nuwe OB het in 'n voorlopige verslag die bevinding gemaak. Adv. Busiswe Mkhwebane het in dié verslag boonop voorgestel die president moet 'n kommissie van ondersoek oor die staatsplundering doen wat in die apartheidsera plaasgevind het.

Mail & Guardian het die verslag onder oë gehad wat die OB ook na Absa, die Reserwebank, die nasionale tesourie en die presidensie gestuur het, wat as hoof van die regering in die verslag geïmpliseer word.

Sy het 'n voorlopige bevinding gemaak dat dit 'n oortreding van die Grondwet was.

Absa het in 'n verklaring ontvangs van die verslag erken.

“Dit is 'n vertroulike voorlopige dokument wat aan 'n beperkte aantal partye uitgereik is vir kommentaar en verdere insette, en dit kan wesenlik verander ná die verdere voorleggings,” het Phumza Macanda, hoof van mediaverhoudinge van Absa, gesê.

Volgens Absa is ten volle saamgewerk met die OB sedert die ondersoek begin het.

'n Onderhoud is in Junie 2016 met senior bestuur van Absa gevoer. Die OB het daarna die aanbod van Absa aanvaar om 'n vertroulike dokument in die bank se besit te inspekteer, maar “het dit nooit gedoen nie”. Dié dokument bevat na bewering die noulettendheidsondersoek wat Absa destyds uitgevoer het voordat hy Bankorp bekom het.

Bankorp het in 1985 hulp van die Reserwebank begin kry.

Absa sê hy het Bankorp in April 1992 teen sy billike waarde bekom.

Volgens Absa het hy al sy verpligtinge wat met die Reserwebank se hulp te make gehad het, teen Oktober 1995 ten volle afgelos. Absa sê die OB is reeds verwittig dat die bank nog voorleggings gaan maak.

“Die voorleggings gaan verskeie feitefoute en wetlike onakkuraathede in die voorlopige verslag regstel,” het Absa gesê.

Die spertyd vir verdere voorleggings is 28 Februarie.

“Dit is jammer die OB se verslag is uitgelek voor verdere voorleggings en voordat dit gefinaliseer is, omdat dit tans 'n verkeerde indruk skep dat Absa Bank Beperk die beguns­tigde was van onbehoorlike hulp van die Reserwe­bank.”

Absa het verwys na 'n ondersoek wat reeds uitgevoer is deur die voormalige president van die Reserwebank, Tito Mboweni, wat gevind het Absa se aandeelhouers is nie op onbehoorlike wyse bevoordeel deur die ingryping van die sentrale bank nie.

Die verslag van die Davis-paneel is deur Absa aan die media verskaf.

Volgens Absa het dit getoon geen eis kan dus teen hulle ingestel word vir die geld nie.

“Die gebeure wat ondersoek word, het van 1985 tot 1995 plaasgevind, wat 21 tot 31 jaar gelede is.

“Die getuienis wat die huidige bestuur van Absa aan die OB lewer, is gegrond op rekords wat aan die bank se huidige bestuur beskikbaar is en hulle het geen persoonlike kennis van die gebeure nie.”

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!