Antigeen-toetse vir reisigers na SA beskikbaar

16 November 2020 | Gesondheid
Antigeen-toetse om die coronavirus op te spoor, is volgens die Suid-Afrikaanse regering se inligtingsdiens (GCIS) by alle grensposte na die land beskikbaar.

Dié toetse, wat van teenliggaamtoetse verskil, wys die teenwoordigheid van 'n spesifieke virale antigeen wat daarop dui dat iemand 'n virale infeksie onder lede het.

Die voordeel van sulke toetse bo dié van die polimerasekettingreaksie- (PCR) toetse, waar monsters uit iemand se keel of neus geneem word, is dat die resultate binne 15 minute beskikbaar is.

Luidens 'n verklaring deur GCIS is dié toetse by grensposte beskikbaar gestel ten einde vlak 1-reisregulasies in die buurland toe te pas.

Hiervolgens moet reisigers na Suid-Afrika wat nie 'n gesertifiseerde negatiewe PCR-toets vir Covid-19 het nie, eers getoets word voordat hulle die land mag binnekom. Die negatiewe toets­uitslag mag nie ouer as 72 uur wees nie.

Volgens die Suid-Afrikaanse regering beskik sommige van sy buurlande, onder meer Lesotho, nie oor die vermoë om PCR-toetse vir alle reisigers na Suid-Afrika te doen nie.

Antigeentoetse maak dit moontlik om die invloei van reisigers sonder gesertifiseerde PCR-toetse tydig in die buurland te bestuur. Teen R150 en R170 is antigeentoetse veel goedkoper as PCR-toetse. Die koste van die toets moet deur die reisiger gedra word. As die toets negatief is, mag die reisiger na die ingangspunt beweeg.

As die uitslag positief is, moet die reisiger onder kwarantyn geplaas word by 'n aangewese kwarantyngerief vir daardie grenspos. Reisigers sonder 'n gesertifiseerde PCR-toets wat weier om die antigeen-toets te laat doen, sal toegang tot die land geweier word en na 'n aangewese kwarantyngerief moet gaan.

Alle reisigers moet waar moontlik steeds 'n PCR-toets laat doen binne 72 uur voor hul vertrek of aankoms by 'n grenspos in Suid-Afrika.

– Sanews.gov.za; netwerk24

Soortgelyk

 

Nege sterftes, 307 nuwe gevalle

10 ure gelede | Gesondheid

Nege nuwe Covid-19-verwante sterftes het die getal vir Namibië sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie in Maart verlede tot 328 opgestoot. Dit sluit vier in...

Hof sal later sê of Shoprite bevel geminag het

12 ure gelede | Howe

Regter Collins Parker sal op 15 Februarie 2021 uitspraak lewer in die teenaansoek deur die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) teen Shoprite...

Eloïse bring dalk storms

17 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die tropiese depressie, of dit wat oorgebly het van wat aanvanklik sikloon Eloïse was, kan vanaf môre vir kwaai storms in Namibië...

Swakoppoortdam loop oor

1 dag gelede | Weer

Die Swakoppoortdam, een van die drie damme wat ook vir Windhoek van water voorsien, het gister begin oorloop. Volgens die NamWater se damverslag van gister...

Voorvaderlike eise: Alle grond benut

1 dag gelede |

Mathias Haufiku en Ogone TlhageDaar is tans geen oop grond in Namibië beskikbaar nie aangesien alles benut word. Die Kommissie van Ondersoek na Voorvaderlike Grondregte...

Woestynrivier laat lóóp

1 dag gelede | Weer

Mnr. Joseph Kafunda het Sondag die Kuisebrivier in volle vloed by die Kuiseb-brug op die C14-pad afgeneem. Sy foto’s is op die Facebook-blad, Reën in...

Noorde: Té nat én té droog

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl boere in Namibië se Mieliedriehoek reeds drie weke lank wag dat die reën hulle net ’n paar dae kans moet gee...

Making the art of painting look easy

1 dag gelede | Mense

Enzo AmueleBorn in the early ’90s, the cool and calm Nambowa Malua has been drawing since he was a child and has made art look...

Shoprite steeds in die hof

1 dag gelede | Arbeid

Augetto Graig en Elvira HattinghDie staking by Shoprite is ná meer as ’n maand verby, maar die hofgeveg wat daaruit gespruit het, woed opnuut vanoggend...