Anthony Joshua verslaan Klitschko dramaties
Boks
In een van die mees aangrypende gevegte in die geskiedenis van swaargewigboks het die 27-jarige Anthony Joshua van Brittanje die oorhand teen Wladimir Klitschko van Oekraïne gekry.
Joshua het met 'n magtige opstopper in die elfde ronde vorendag gekom wat Klitschko geskud het. Die Brit het tot die aanval oorgegaan en hoewel die 41-jarige veteraan twee keer van die krytvloer opgestaan het, het die skeidsregter tot sy redding gekom en die geveg beëindig.
Joshua het sy slaankrag reeds in die vyfde ronde uitgestal toe hy sy opponent platgeslaan het, maar Klitschko het oorleef en in die volgende ronde die Brit planke toe gestuur en in groot moeilikheid gehad.
Joshua behou sy IBF wêreldtitel en is nou ook die houer van die WBA en IBO se gordels.
Meer as 90 000 toeskouers het die geveg in Londen se Wembley-stadion bygewoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie