Angula en Mbumba: Ons is goeie vriende
Estelle de Bruyn - Daar is geen geskil tussen Swapo se sekretaris-generaal, mnr. Nangolo Mbumba, en die party se sekretaris van inligting en mobilisasie, mnr. Helmut Angula, nie.
Die twee het Vrydag in gemoedelike luim 'n gesamentlike onderhoud aan Republikein toegestaan en oor die komende kongres gesels.
Angula het gesê: "Ek het onder Mbumba gewerk sedert die moeilike tye van die bevrydingstryd. Ons het ook in dieselfde distrik grootgeword."
Mbumba het op sy beurt gesê: "Ons het nog nooit woorde gehad nie."
Dié versekering kom ná kwaadwillige berigte dat die twee na afloop van die politburo-vergadering verlede Dinsdag mekaar te lyf gegaan het.
"Ons het in die saal ontmoet en het gepraat en ná die vergadering het Mbumba die senior partyleiers uit die vergadersaal begelei en ek is na my motor toe om huis toe te gaan," het Angula verduidelik.
Foto: Swapo se sekretaris-generaal, mnr. Nangolo Mbumba (links) en die party se sekretaris van inligtiing en mobilisasie, mnr. Helmut Angula Vrydag tydens 'n onderhoud met Republikein. Foto Estelle de Bruyn

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie