Angola, ons sal weer kom!

Veldrenne
Tielman van Lill
Tielman van Lill - By die onlangse veldren vir bakkies, kwads en motorfietse by die prentjiemooi Lupupa-lodge in Angola, het die meerderheid Namibiese jaers vir die eerste keer in vreemde omstandighede in die skaduwee van Magic Mountain deelgeneem waar die roete verby gekronkel het.

Die plaaslike motorfiets- en kwadjaers van Namibië is gewoond aan stadiger en meer tegniese trajekte wat uitdagings bied en veeleisend op die ryer se liggaam is.

Dit verduidelik hoekom die grootste motorfiets uit die Namibiese geledere net 350 cc was, terwyl die ander jaers hul 450- en 500 cc-masjiene opgesaal het.

Vir die kwadryers tel krag meer en die norm vir dié manne is om sy been oor die saal van 'n 450 tot 700 cc-monster en selfs groter te swaai. Meer krag word vereis om die swaarder kwads deur die draaie te gooi, wat natuurlik makliker gesê as gedaan is.



KORTER EN VINNIGER

Plaaslik neem beide dissiplines aan enduro's (uithourenne) deel onder die vaandel van die Namibian Enduroklub (NEK) wat in 2011 gestig is. Die NEK is 'n geregistreerde lid van die Namibiese Motorsportfederasie (NMSF), Fédération Internationale de Motocyclisme (FIM) en FIM Afrika.

Selfs vir gesoute tweewielwaaghalse soos Alwyn Hennop (Yamaha 250), Duard Wiese (Husqvarna 300), Henner Rusch (KTM 300), Rainer Sentefol KTM 350 en Pascal Henle (KTM 300) was die omstandighede en vinnige trajek in Angola ietwat ongewoon en kon hulle nie by die vinniger motorfietse hou nie.

Henner Rusch het derde op sy KTM 300 in die motorfietsafdeling geëindig en vertel meer.

“Die ander lande se ouens is op 'n goeie vlak en die twee jaers wat voor my geëindig het, het beide ervaring van die ikoniese Dakar-tydren, wat 'n voordeel op 'n vinnige baan soos by Lupupa is.

“Ons roetes in Namibië verskil totaal en al van dié in Angola. Ons ry enduro en hulle jaag teen die stophorlosie. In vergelyking met ons enduro's was die resies vir my nie hard nie, want uithourenne is meer veeleisend op jou liggaam en die motorfiets,” het Rusch verduidelik.

Rainer Sentefol het die Dakar-tipe formaat geniet.

“Hoewel dit baie anders is as waaraan ons gewoond is, was dit baie lekker. Die plaaslike toeskouers het die jaers aangemoedig en die hele byeenkoms was goed georganiseer. By ons ry jy oor rotse en deur rivierbeddings met hope hindernisse waardeur jy met kundigheid en vernuf moet kom. By Lupupa was dit meestal vaskas in vyfde rat!” het Sentefol vertel.

Vir die kwadjaers was omstandighede ook maar raar. JL Opperman (KTM XC 525) het dié afdeling gewen met Tiaan Jacobsz (Yamaha R700) tweede.

Opperman vertel dieselfde verhaal as Rusch en Sentefol.

“Dit was baie vinnig en nie regtig my koppie tee nie. Hoewel die ander lande se jaers goed was, het ek beter van hulle verwag. Die resies was glad nie hard nie en ek hoef nie alles uit te gehaal het om eerste te eindig nie. Ek sal definitief weer gaan, want dit was nogal lekker.”

Jacobzs sê: “Al het Namibië eerste en tweede geëindig , was dit was nogal 'n groot uitdaging vir ons. Ek en JL is baie trots dat Namibië hier skoonskip gemaak het.

“Die roete daar was baie vinniger en het dit moeilik vir ons gemaak. Jy kort 'n heel ander tegniek en dit was 'n ander tipe uitdaging wat aan ons gebied was om met elke ronde jou tyd te verbeter.”

Ryers het eers 'n proloog van 12 km gejaag, waarna drie rondes van 58 km vir 'n totaal van 186 km gevolg het.



Die tye van die Namibiese motorfietsryers:

Henner Rusch, Proloog 11 minute 18 sekondes, 1. 42 m 37 s, 2. 42:45, 3. 41:36=totaal 2 ure 18 m 16 s.

Pascal Henle (4de). Prl. 11:19, 1. 41:43, 2. 42:54, 3. 42:49=2:18:45.

Rainer Sentefol (5de). Prl. 11:44, 1. 45:22, 2. 44:08, 3. 44:39=2:25:53.

Alwyn Hennop (6de). Prl. 13:11, 1. 50:47, 2. 49:13, 3. 49:59=2:43:07.

Duard Wiese onttrek met 'n meganiese probleem ná Prl. 11:34.

Die tye van die kwad-ryers:

JL Opperman. Prl. 11:07, 1. 42:32, 2. 42:43, 3. 42:02+straftyd van 2 min=2:20:24.

Tiaan Jacobsz. Prl. 12:06, 1. 45:42, 2. 47:49, 3. 47:26=2:33:03.

Darren Barnard (KTM XC 450, onttrek weens meganiese probleme). Prl. 12:06.

Belangstellendes kan www.namibianenduro.com besoek om meer inligting rakende enduro-sport te bekom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.70/OZ DOWN -0.0016 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.78% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.96/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 902.51/OZ DOWN -0.0081 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.70/OZ DOWN -0.0016 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.78% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.96/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 902.51/OZ DOWN -0.0081