Angelina blom in die Namib

12 October 2017 | In beeld
Die Hollywood-ster en kampvegter vir menseregte, Angelina Jolie, smeul in die Namib op die voorblad van die internasionale modetydskrif Harper's Bazaar se gedenkuitgawe vir sy 150ste bestaansjaar. Die voorbladfoto van Angelina en ander pragfoto's van haar, die San en drie jagluiperds van die N/a'an ku sê-stigting in dié besondere uitgawe is by Kanaan in die suide van Namibië geneem. Die fotosessie het tydens Angelina en haar ses kinders se besoek einde Junie aan Namibië plaasgevind toe sy en haar Namibies-gebore dogter, Shiloh Jolie-Pitt, die Shiloh Wildlewe-toevlugsoord geopen het. Dié oord is deel van die bekende omgewingsbewaarders en aanbieders van Groen: Namibië, dr. Rudie en me. Marlice van Vuuren, se N/a'an ku sê-stigting. Die November-uitgawe van Harper's Bazaar sal op 24 Oktober op die rakke wees. Foto's Harper's Bazaar

Soortgelyk

 

Naam van man bekend wat in ongeluk sterf

2 ure gelede | Ongelukke

Die 41-jarige man wat Donderdag in ’n ongeluk op die Outjo-Otavi-grondpad gesterf het, is as Smit de Wet Louw identifiseer. Die kop-teen-kop-botsing wat sy lewe...

Khomasstreek oor grondeienaarskap

14 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - “Buitelanders se plase moet outomaties onteien word en boere moet tot 50% eienaarskap van hul plase aan plaaswerkers afstaan ten einde grondhervorming...

Windhoek 'in gróót moeilikheid'

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Terwyl die verbruiker voortaan tot 300% meer vir sekere dienste moet opdok, het die stadsvaders van die Windhoekse munisipaliteit (CoW) pas ’n...

Weer vir 20 Julie 2018

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die Zambezi-, Kavango- en oostelike streek. Elders sal dit sonnig en matig tot warm wees. Dit sal...

Reho se /Uirab ‘in die pad gesteek’

14 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Mnr. Christoph /Uirab, uitvoerende hoof van die Rehoboth-dorpsraad, het agt maande van sy termyn tuis deurgebring./Uirab, wie se laaste werksdag vandag is,...

Kalender 13 Julie

14 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Anin Namibia bied tans ’n uitstalling in die Omba-galery aan. Hierdie keer het hulle groepsborduurprojekte en maatskappye genooi om deel te...

Siba sprankel by ekspo

14 ure gelede | Kuns en vermaak

Eet, smul en knaag bly maar hoogtepunte in baie van ons se dag. Vir sommige is dit ’n uitdaging om kos te maak en ander...

Kortbroektreffers uit Rocco se pen

14 ure gelede | Kuns en vermaak

Die bekroonde en uiters begaafde pianis Rocco de Villiers is terug met ’n splinternuwe popalbum, wat nie net vir die eerste keer met ’n Afrikaanse...

Drie maande om misdaad nek om te draai

14 ure gelede | Polisie

Tanja Bause – Die hoof van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het polisiebeamptes drie maande gegee om van misdaad in Windhoek ontslae te raak....