André Schwartz kom Namibië toe
André Schwartz kom Namibië toe
13 November 2020 | Gebeure
Ná 'n jaar wat vir elkeen verskillende uitdagings gebied het, wil André Schwartz nou met sy gratis, splinternuwe enkelsnit, “Ek Wens Vir Jou 'n Kersfees”, luisteraars die gevoel van dié spesiale tyd laat ervaar.
En dié boodskap van hoop bring hy hierdie jaar Namibië toe!
Namibiërs kan uitsien na twee spesiale aande van pragtige Kersmusiek en dit alles vir liefdadigheid. Op 27 November bied Droombos in Windhoek die eerste Kerskonsert aan en op 29 November sal die Rössmund Golf Resort & Lodge buite Swakopmund die gasheer wees.
“Kersfees is sinoniem met omgee, liefde, hoop en vrede en met die pandemie wat die hele wêreld tot stilstand gebring het, is ek seker almal smag soos ek na Kerstyd,” het André vertel.
“Namibië het nog altyd 'n spesiale plek in my hart; so ek is baie opgewonde om my boodskap met die mense te deel.”
Om alles te kroon, is beide vertonings gratis! Al wat jy as konsertganger moet saambring, is 'n geskenk vir 'n kind as toegang vir die aand. Die geskenke en speelgoed sal aan behoeftiges in die omgewing geskenk word in die gees van welwillendheid. Op dié manier wil André graag teruggee ná 'n moeilike jaar – nie net finansieel nie, maar ook emosioneel.
Kaartjies is beperk weens Covid-regulasies, so maak seker jy 'bespreek' jou plek vroegtydig by Quicket deur die volgende skakel te volg – http://bit.ly/AndreNamibie
Die eerste enkelsnit vanaf sy Kersfeesalbum, “Ek Wens Vir Jou 'n Kersfees” is uit André se eie pen en deel die gesprek tussen André en die man op die maan.
Dis 'n jolige gesprek totdat die man op die maan vra waarom die wêreld in soveel seer gedompel is en of die mensdom van God se geskenk aan Sy mense vergeet het.
André antwoord hom deur hom te vertel van die mens se gebede en dat hoop en liefde die mensdom se geskenke aan mekaar is. André vertel ook dat die mens dankbaar is vir die seëninge wat elke dag ontvang word.
“Ek het besluit om dié liedjie gratis beskikbaar te stel sodat ons almal wat die liefde van Kersfees vier, dit as 'n eenheid kan doen,” het André vertel.
Die publiek kan “Ek Wens Vir Jou 'n Kersfees” deur hul normale digitale platforms luister of gratis op sy Facebook-blad kry.
Sy volledige Kersfees-album word vandag vrygestel en sluit ook 'n prettige duet in met 'n bekende wat volksbesit is. Hierdie gaan jou beslis verras.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
5 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
20 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
20 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
20 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
20 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
20 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
20 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
20 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
20 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies