Andeline vat ‘n kans op liefde

14 February 2020 | Kuns en vermaak
Yolanda Nel



Die skoonheidskoningin Andeline Wieland waag ‘n kans om haar mnr. Reg te vind. Sy gaan vir sy liefde meeding op die nuutste seisoen van The Bachelor South Africa.

Die wenner van Miss Continents 2017 het aan Windhoek Express vertel dat sy tussen haar studies en modelloopbaan min tyd vir liefde het.

“Die ouens wat ek ontmoet is nie reg vir ernstige verhoudings nie. Ek wil weet hoe dit voel om met iemand uit te gaan wat die verhouding ernstig opneem en eendag wil trou,” het sy gesê.

Sy sien veral uit na die lawwe, romantiese afsprake op die program, en natuurlik ook na die cocktail partytjies, want ek is mal daaroor om op te dress, vertel sy laggend.

Sy beskryf haarself as ‘n regte “poppie”, maar sê ook dit kan in haar guns tel dat sy op ‘n plaas in Namibië grootgeword het, aangesien die vrygesel Marc Buckner lief vir die buitelewe is.

“Namibiërs is eerlik en gaaf en ek hoop ek kan almal meer inlig oor dinge na aan my hart. Ek is ook welbelese, so hopelik kan ek my algemene kennis gebruik om by die dames in te skakel en vir Marc te beïndruk,” sê sy.

Sy erken sy is effens senuweeagtig om hom te ontmoet, aangesien hy baie ouer as sy is.

“In terme van ouderdom is hy presies tussen my en my ma. Ek is bekommerd daar is dalk ‘n generasiegaping .”

Sy sê egter sy hoop haar positiewe uitkyk op die lewe en haar gewilligheid om ware liefde te vind kan haar help om sy hart te wen.

Volgens haar is hy braaf om op só ‘n publieke platform te probeer liefde vind. “En hy is aantreklik! Ons werk in dieselfde bedryf, so ons kan baie in gemeen hê. Hy is lief vir honde, en ek is ‘n pleegouer vir hondjies wat mishandel is.”

Wanneer sy gevra word of sy dink sy gaan liefde vind, antwoord sy dat God op geheimsinnige maniere werk.

“Ek gaan die program met ‘n oop kop in, en ek hoop ek kry ‘n regte kans om te wys hoe veelsydig ek kan wees. As hy nie die een is nie, sal ek aanhou soek.”

The Bachelor South Africa word Donderdae om 19:00 op M-Net uitgesaai.

Soortgelyk

 

Covid-19-gevalle styg met 96 tot 1 618

11 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê die aantal Covid-19-gevalle het met 96 tot 1 618 gestyg. Hiervan is 75...

Verkeer tussen Namibië, Kaap weens Covid-19 ontwrig

17 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Vragverkeer tussen Namibië en die Wes-Kaap kan sedert Donderdagaand nie langs die kortste roete oor die Oranjerivier plaasvind nie, aangesien Suid-Afrika sy...

24-year-old ensuring safety via TaxiConnect

1 dag gelede | Mense

MICHELLINE NAWATISESTaxiConnect is a locally developed ride-hailing company founded in April 2020. TaxiConnect offers an interactive and smart technology of taxi booking for customers and...

Te min isolasie, suurstof vir Walvis se episentrum

1 dag gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Walvisbaai, Hentiesbaai en Swakopmund het nie genoeg isolasie- en kwarantyngeriewe om die toenemende stygende aantal positiewe Covid-19-gevalle en -kontakte te isoleer nie....

Rehoboth verenig in rou

1 dag gelede | Misdaad

Denver Kisting op Rehoboth – Die rou snikke van ’n 20-jarige ma van Rehoboth, me. Roseline Moss, kon gister deurgaans gehoor word toe haar twee...

Weer, Vrydag 24 Julie 2020

1 dag gelede | Weer

WEERWAAK: Oosweertoestande sal oor die Namib en kusareas voorkom. Tref voorsorg.BINNELAND: Koud aanvanklik, andersins sonnig en matig tot warm. 'n Taamlik sterk tot sterk noordoostelike...

Vakbonde tree in bresse vir fabriekswerkers

1 dag gelede | Visserye

Erongo-span – Die president van die Vakbondkongres van Namibië (Tucna), mnr. Paulus Hango, het gesê vakbonde wat werkers in die vissersbedryf verteenwoordig, is bekommerd oor...

Bou van ambassade stort miljoene in ekonomie

1 dag gelede | Infrastruktuur

Kristien Kruger – Die oprigting van die nuwe Amerikaanse ambassadekompleks in Klein-Windhoek het gister 'n sooispitseremonie bereik waartydens dié land se ambassadeur in Namibië, me....

SA trek beampte vas wat visumbedrog uit Windhoek pleeg

1 dag gelede | Misdaad

Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het 100 visums teruggetrek wat na bewering deur een van sy beamptes wat by die hoëkommissariaat in Windhoek geplaas...