ANC wen in 161 van 213 munisipaliteite
ANC wen in 161 van 213 munisipaliteite

ANC wen in 161 van 213 munisipaliteite

Ronelle Rademeyer
Die ANC beheer weer die meeste van die plaaslike owerhede in die buurland. Uit die 213 munisipaliteite het die ANC die meerderheid van 161 munisipaliteite gewen.
Die DA het ‘n meerderheid in 13 munisipaliteite gekry, terwyl die IVP die oorhand in 10 munisipaliteite gekry het.
In 66 munisiplaiteite het geen party ‘n meerderheid behaal nie. In die land se agt metro’s was die ANC, die DA en die EFF die topdrie partye. Die ANC het in ses van die agt die meeste stemme verower, terwyl die DA in Kaapstad en Nelson Mandelabaai gewen het.
Pres. Cyril Ramaphosa sê ‘n rekordgetal van 325 partye en byna 95 000 kandidate, waarvan 1 500 onafhanklik was, het aan die munisipale verkiesing in die buurland deelgeneem. Hy het gesê veelparty-politiek floreer in dié land.
Hy het gevra dat alle politieke partye saamwerk en hulle geskille opsy skuif.
Die uitslae is vroeër vanaand by die nasionale verkiesingsentrum in Pretoria bekend gemaak.
‘n Peiling onder kiesers toon 95% het die verkiesing as vry en regverdig ervaar, het mnr. Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gesê.
Altesaam 12,3 miljoen kiesers het gestem en 10 461 kandidate is deur hulle verkies om die land op plaaslike owerheidsvlak te bestuur.
Mnr. Glen Mashini, die OVK-voorsitter, het gesê die kommissie is tevrede met die verkiesing ondanks “’n paar probleme” waarvoor hulle om verskoning vra.
Hy sê 290 besware is ontvang en dit is ná ondersoeke en beraadslaging opgelos.
Mashini sê dit was volgens hom ‘n vrye en regverderdige verkiesing en die uitslae in 213 munisipale rade is finaal.

Inligting en foto: Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!