ANC se NUK vergader vandag dringend
Die vergadering volg nadat die ANC se topses-leierskap Saterdag in Kaapstad vergader het.
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gaan vandag ’n dringende vergadering by ’n hotel in Pretoria hou.
Dit volg nadat die ANC se topses-leierskap Saterdag in Kaapstad vergader het. Die agenda van vandag se vergadering is nog nie bekend nie.
Netwerk24 het verneem die vergadering sal by die Saint George-hotel in Doornkloof, Pretoria, gehou word.
Dit is ook nie duidelik wat die vergadering kan inhou vir die toekoms van pres. Jacob Zuma nie. Die ANC probeer al geruime tyd tevergeefs om hom te oorreed om uit te tree.
Daar is vroeër verwag dat Zuma teen die einde van die naweek sou uittree om plek te maak vir adj.pres. Cyril Ramaphosa.
Intussen het Ramaphosa gisteroggend in Kaapstad besoek afgelê waar hy ’n diens by die St. George’s-katedraal bywoon en om 15:00 het hy ’n ANC-saamtrek toegespreek.
Daar is gisteroggend druk bespiegel oor die moontlike betekenis van die dringende NUK-vergadering en die moontlikheid is selfs genoem dat die NUK byeen gaan kom om Zuma se bedanking te aanvaar en te beraadslaag oor ’n opvolger.
Die moontlikheid is ook genoem dat onderhandelings oor Zuma se uittrede misluk het en hy moontlik deur die NUK herroep kan word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie