ANC kla Malema van verraad aan
Die ANC het ’n klag van verraad teen die EFF-leier, Julius Malema, ingedien.
Dit is onwettig en teen die grondwet om te dreig om ’n wettige, demokraties verkose leier op ’n onwettige manier te verwyder, het die ANC se woordvoerder, Zizi Kodwa, Maandagaand gesê.
Hy het gesê hulle vra die polisie om ’n klag van hoogverraad teen Malema in sy persoonlike hoedanigheid te ondersoek. Dit volg nadat Malema aan Al Jazeera gesê het dat sy party “hierdie regering deur die loop van ’n geweer sal verwyder”.
Malema het aan Jonah Hull gesê indien die ANC voortgaan om gewelddadig te reageer op vreedsame protes, “sal ons geduld binnekort opraak en ons sal hierdie regering deur die loop van ’n geweer verwyder”. Hy is gevra of hy letterlik bedoel mense moet wapens opneem teen die regering.
“Ja, ek bedoel dit letterlik. Ons is nie bang nie. Ons gaan nie ’n regering duld wat ons nie respekteer nie,” het Malema gesê.
Die EFF se sekretaris-generaal, Godrich Gardee, het Maandagaand in Soweto gesê die ANC het dan self wapens opgeneem teen die apartheidsregering toe sy mense vermoor is, wat maak die EFF se stryd anders?
“Dit is billike politieke kommentaar,” het Gardee vir sy leier geskerm, berig Claudi Mailovich.
Volgens Gardee moet Malema se kommentaar gesien word binne die konteks van die land se “verkiesingsbui”.
“Wat verwag die ANC per slot van sake?” wou Gardee weet.
“Toe die apartheidsregering besig was om ons mense voor 1994 dood te maak, hoe het die ANC gereageer? Hulle het wapens opgeneem. So hoekom moet ons nie wapens teen die ANC opneem as die party besig is om ons mense te vermoor soos wat hulle ons mense by Marikana vermoor het nie. Dit kan nie wees nie,” het Gardee gesê. - News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie