'ANC kan nie leierstryd bestuur'

Verskillende faksies in die party stuur glo links en regs lyste van hul voorkeurkandidate uit.
Francoise Steynberg
Die ANC kan nie sy interne ver­kiesingsprosesse doeltreffend bestuur nie.

Dít is volgens prof. Mcebisi Ndletyana, politieke ontleder aan die Universiteit van Johannesburg, die rede waarom verskillende faksies links en regs lyste uitstuur van hul voorkeurkandidate wat in Desember die ANC se nuutste leiers kan word.

In die jongste geval het die Gupta-­beheerde koerant The New Age Dinsdag berig oor 'n lys wat na bewering deur ondersteuners van adj.pres. Cyril Ramaphosa versprei word met hul verkose kandidate vir die ANC se leierstryd.

Op die lys word Ramaphosa as ANC-president aangedui, met dr. Zweli Mkhize, die ANC se tesourier-generaal, as sy adjunk.

Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, word as voorsitter genoem, David Makhura, Gautengse premier, as sekretaris-generaal, en Enoch Godongwana, voorsitter van die ANC-subkomitee vir ekonomiese hervorming, as tesourier-generaal.

Vuyiswa Tulelo, konsul-generaal in Chicago, Amerika, en voormalige sekretaris-generaal van die ANC-jeug­liga, word as adjunkvoorsitter genoem.

Pravin Gordhan, minister van finansies, sowel as Derek Hanekom, minister van toerisme, en verskeie ministers wat in Desember Hanekom se mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma op 'n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gesteun het, se name verskyn glo ook op die lys.

Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, het Dinsdag sodanige lyste verwerp omdat dit die aansien van genoemde ANC-leiers kan skaad.

Kodwa het die lyste as “voortydig en verdelend” afgemaak omdat dit strydig is met besluite van die NUK dat net ANC-takke die opvolgdebat kan lei wanneer dit amptelik begin.

Kodwa het gesê dit is moeilik om teen oortreders op te tree “omdat niemand eienaarskap aanvaar van die lyste” wat in koerante gepubliseer word nie.



VROUELIGA

Die ANC-vroueliga het Dinsdag gesê dit moet nie as swak dissipline beskou word dat dit dr. Nkosazana Dlamini-Zuma steun om die eerste vroulike leier van die ANC te wees nie.

Die ANC het die vroueliga Maandag oor dié aankondiging gekritiseer.

Die vroueliga wil ook hê dat die helfte van die ANC se nuwe topses ná Desember vroue moet wees.

Die naam van Baleka Mbete, speaker en voorsitter van die ANC, sowel as dié van Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die party, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, word as moontlike kandidate genoem.

Meokgo Matuba, sekretaris-generaal van die vroueliga, het Dinsdag gesê die vroueliga sal nie gestop kan word om ANC-lede van sy standpunt te probeer oortuig nie.

Ndletyana het gesê die verskynsel van lyste van verskillende faksies in die aanloop tot 'n leiersverkiesing is nie iets ongewoons nie.

“Dit was nog altyd daar in verkiesingsjare, ongeag die ANC dit wil onderdruk met uitlatings dat sy opvolgdebat nog nie amptelik daarvoor geopen is nie.

“Dit wys eerder dat die ANC nie dissipline kan afdwing nie.

“Dit ontbloot ook die ANC se mislukking om sy eie interne verkiesingsprosesse te beheer. Hierdie soort gedrag was nog altyd daar in die jare dat die party nuwe leiers moes verkies,” het Ndletyana gesê.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!