ANC ‘beter daaraan toe met Malema as lid’
Die ANC sou beter daaraan toe wees met Julius Malema as lid van dié party, eerder as die leier van ’n opposisieparty, sê die Suid-Afrikaanse adjunkpresident, David Mabuza.
Mabuza het Sondag met verslaggewers gepraat tydens die party se registrasieveldtog in Mamelodi, Tshwane. Hy het gesê hy sal sy bes doen om Malema, leier van die EFF, terug in die regerende party te kry.
Malema is in 2012 uit die ANC geskors en het intussen die EFF gestig, wat 6% van die kiesersteun in die verkiesing in 2014 gewerf het.
Die EFF speel ook ’n sentrale rol in die Suid-Afrikaanse politiek, nadat hy ’n aandeel daarin gehad het om oudpres. Jacob Zuma te dwing om te betaal vir opknappingswerk aan sy huis in Nkandla. Die party word ook geassosieer met betogings vir gratis hoër onderrig en meer onlangs mosies om grond sonder vergoeding te onteien.
“Die ANC het verloor met kameraad Julius. Die ANC sal beter af wees met hom in die party, so ek gaan my bes doen en hom vra om dit te heroorweeg om terug te keer huis toe,” sê Mabuza.
Die adjunkpresident het verskeie kiesdistrikte besoek en met diegene gepraat wat hul besonderhede nagegaan en bygewerk het, asook diegene wat hulle die eerste keer geregistreer het.
Hy sê daar is ’n groot probleem in die ooste van Tshwane met betrekking tot menslike nedersettings, en dat mense grond wil hê om huise op te bou.
Mabuza sê ook jong mense het die kwessie van werkloosheid teenoor hom geopper.
“Dis kwessies wat ons op ’n nasionale vlak hanteer. Ek meen dat ons saam met die munisipaliteit en die provinsie kan werk om dié kwessies te hanteer.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie