ANC aan Mbeki: Betaal JZ-advokate
Jan de Lange - Die regstryd van oudpres. Jacob Zuma van Suid-Afrika gaan belastingbetalers nog miljoene kos omdat die ANC oudpres. Thabo Mbeki in 2008 gedwing het om die staat aanspreeklik te maak vir Zuma se regskoste. Boonop is die uitgawes reeds aansienlik meer as die R15,3 miljoen wat Woensdag deur pres. Cyril Ramaphosa in die parlement onthul is.
Zuma se prokureur, Michael Hully, het boonop gisteraand gesê dit is “waarskynlik” dat Zuma die besluit van adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolgings, om met sy vervolging weens korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery voort te gaan, op hersiening sal neem.
Dit kan die regstryd van nege jaar nóg uitrek.
“Zuma se regsuitgawes weens korrupsie en bedrog strek terug tot in die jare negentig toe hy nog lid van die uitvoerende komitee in KwaZulu-Natal was. Die syfers wat in die parlement genoem is, het net betrekking op sy regskoste sedert die skuldigbevinding van Schabir Shaik in 2006. Die ooreenkoms wat destyds tussen Zuma en Mbeki aangegaan is, het betrekking op al sy regskoste sedert die ondersoeke teen hom begin het,” het ’n onberispelike bron wat destyds regstreeks by die saak betrokke was aan Rapport gesê.
“Die totale rekening het in 2008 reeds op R9 miljoen gestaan. Ek weet nie hoeveel dit vandag beloop nie, maar dit kan maklik R60 miljoen wees as kostebevele ook in berekening gebring word wat reeds teen hom toegestaan is. Dis net vir sy regsuitgawes in die korrupsieondersoek en die verwante litigasie, soos die spioenasiebande-saak,” het die bron gesê. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie