Amptenare vas wat glo kragopwekkers wou verkwansel
Die polisie se eenheid vir ernstige misdaad in die Khomasstreek het volgens inligting op die Facebook-blad van die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) toegeslaan op twee werknemers van die ministerie van finansies wat na bewering toerusting van sowat N$500 000 wou verkoop.
Dit blyk dié eenheid het die twee werknemers en 'n burgerlike in hegtenis geneem wat na bewering twee kragopwekkers ter waarde van N$500 000 vir N$300 000 wou verkoop, het mnr. Nelius Becker van die ACC op Facebook gesê.
'n Regeringsvragmotor is glo vir die vervoer daarvan gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie