Amnestie geld vir vuurwapens
Amnestie geld vir vuurwapens

Amnestie geld vir vuurwapens

Onwettige vuurwapens en ammu­nisie kan tot einde September ingehandig word.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, het September as die maand van amnestie afgekondig en gesê mense in Namibië kan van gister af onwettige vuurwapens en ammunisie inhandig sonder vrees van vervolging. Die amnestietydperk duur tot einde vandeesmaand.

Kawana het by die Israel Patrick Iyambo-polisieskool gesê die kabinet het die amnestietydperk goedgekeur, ter ondersteuning van die Afrika-unie se doelwit om oorlog op die vasteland teen 2020 hok te slaan.

Hy sê dis hartseer Afrika staar steeds veelvuldige en komplekse uitdagings in die gesig, “veral die onwettige verspreiding van wapens wat konflik aanhits en onnodige lyding veroorsaak, veral onder onskul­dige burgerlikes”.

Namibië sal vir 2021 en 2022 die amnestiemaand (1 tot 30 September) toepas, het hy gesê.

Volgens Kawana is die besluit reeds in die Staatskoerant gepubliseer om te verseker die wet beskerm mense wat gebruik maak van die amnestieperio­de tot 30 September, en weer volgende jaar.

“Alle mense in Namibië, ongeag hul woonstatus, word hiermee versoek om hul ongelisensieerde vuurwapens, onwettige wapens of ammunisie, in te handig. Enige persoon wat aan hierdie versoek voldoen, sal gedurende die ­amnestiemaand vrygestel word van vervolging. Namibië moet steeds 'n baken van vrede, veiligheid en sekuriteit wees,” het hy gesê.

“Ná die verstryking van die amnestietyd­perk, sal die polisie geen genade betoon om diegene wat in besit is van onge­lisensieerde vuurwapens, wapens of ammunisie aan te keer nie. Ons sal verseker dat hulle suksesvol in hegtenis geneem, vervolg en skuldig bevind word,” het hy gewaarsku.

Die hoof van die Namibiese polisie, lt.genl. ­Sebastian Ndei­tunga, het die aankondiging verwelkom. Hy sê die vorige amnestie in 2016 was suksesvol toe 1 276 vuurwapens ingehandig is, met 99 509 stuks ammunisie en 81 lewendige ploftoestelle. ­Hy sê vuurwapens val gedurig in die verkeerde hande en word soms vir misdaad gebruik. Ndeitunga het statis­tiek gedeel oor misdaad waar ­vuurwapens betrokke was. In 2018-'19 is 50 moordsake opgeteken, in vergelyking met 31 in 2019-'20 en 33 in 2020-'21.

“Rooftogte met vuurwapens het egter toegeneem met 408 in 2018-'19, 414 in 2019-'20 en 418 in 2020-'21. Poging tot moord met 'n vuurwapen is 158 keer in 2018-'19 aangemeld, 161 keer in 2019-'20 en 134 keer in 2020-'21. Afdreiging met 'n ­vuurwapen het in 2018-'19 tot 362 ­polisieondersoeke gelei, in vergelyking met 301 keer in 2019-'20 en 256 keer in 2020-'21. Diefstal van vuurwapens is 143 keer in 2018-'19 aangemeld, 123 keer in 2019-'20 en 114 keer in 2020-'21, sê hy.

Hy het die publiek verseker die polisie verwelkom die inhandiging van vuur­wapens en sal nie enige vervolging doen nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41%