Amerikaners eis N$2,3 miljard vir vliegtuighuur

Nóg N$2,4 miljard aan Ierse firma geskuld

29 March 2021 | Howe
Hoofredaksie – Die regering is besig om te onderhandel oor die uitstaande N$2,3 miljard vir die huur van twee vliegtuie wat die onlangs gelikwideerde Air Namibia aan ’n Amerikaanse maatskappy skuld.

Air Namibia is Vrydag amptelik gelikwideer nadat geen opponerende dokumente ingedien is teen ’n likwidasie-aansoek deur die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) nie, aan wie die nasionale lugredery N$714 miljoen skuld.

Terwyl talle Air Namibia-skuldeisers in die tou staan om eise teen die vervalle lugdiens in te dien, sal die Amerikaanse lugvaart-verhuurder Castlelake vir sy miljarde wag, nadat die destydse minister van finansies, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die regering aan die ooreenkoms verbind het as borg vir die duur huurkontrak.

Castlelake het Intrepid Aircraft Leasing LLC oorgekoop, wat die vliegtuie oorspronklik aan Air Namibia verhuur het. Met likwidasie nou ’n voldonge feit, wil die Amerikaners hul vliegtuie terughê – asook die N$2,3 miljard wat die regering die maatskappy skuld nadat Air Namibia opgehou het om huur te betaal.

Volgens die huurooreenkoms moes Air Namibia US$1,1 miljoen (N$16 miljoen) per vliegtuig per maand betaal – ’n bedrag waarby die nasionale lugredery nie deurgaans kon hou nie.

In 2019 het minister Leon Jooste van staatsondernemings, hoogs bekommerd oor die enorme skuldbedrag, na die VSA gevlieg om met die bestuurders van die huurondernemings te onderhandel om die ooreenkoms te laat vaar. Die Amerikaners het skynbaar hierdie poging verwerp, aangesien daar geen uitgangsklousule in die ooreenkoms was nie.

Toe Jooste gister vir kommentaar genader is, het hy gesê: “Ons is besig om te onderhandel met die doel om te skik.” Hy het nie uitgebrei oor wat dié skikking sal behels nie.

IERSE VLIEGTUIE OP PAD UIT

Intussen is twee vliegtuie van die Ierse maatskappy Air Lease 80 op pad uit Namibië.

Die vliegtuie, die grootste in Air Namibia se vloot en op die Windhoek-Frankfurt-roete gebruik, sou Namibië op 26 Maart verlaat, maar ons susterkoerant Namibian Sun het bevestig dat hulle steeds op die Hosea Kutako-lughawe geparkeer is.

Air Lease 80 het beveel dat sy twee 244-sitplek vliegtuie so gou as moontlik in Leipzig, Duitsland, afgelewer moet word. Die eienaars eis die terugbesorging van die vliegtuie nadat die regering amptelik aangekondig het dat hulle Air Namibia wil likwideer.

Air Namibia se huurooreenkoms in verband met die Airbus-vliegtuig het van Mei 2012 tot Oktober 2025 gestrek, maar die regering se besluit om die nasionale lugredery te likwideer, beteken hierdie ooreenkoms moet gekanselleer word teen ’n koste van ongeveer N$2,4 miljard, het The Namibian verlede maand berig.

EINDE VAN DIE VLUG

Wat van Air Namibia se vlerke oorgebly het, is Vrydag geknip nadat die hoërhof die likwidasie geformaliseer het toe niemand die NAC se aansoek teengestaan het nie.

Die likwidateurs Bruni & McLaren is aangestel om toesig te hou oor die betaling van krediteure wat hul onderskeie aansoeke moet indien.

Die lugdiens, waarvan die likwidasie gemengde openbare reaksie uitgelok het, het die afgelope dekade skuld van bykans N$9 miljard ontduik.

President Hage Geingob het die eerste keer na likwidasie verwys tydens sy staatsrede verlede jaar. Vanjaar het die kabinet besluit om die maatskappy met meer as 600 werknemers te likwideer.

Die likwidasie sal die belastingbetaler ongeveer N$5,6 miljard kos. Die gesamentlike bates van die maatskappy is net meer as N$900 miljoen werd – heeltemal te min om die skuld aan ’n magdom plaaslike en buitelandse krediteure af te betaal.

Soortgelyk

 

Robberts bly in aanhouding

10 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

10 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

10 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

10 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

10 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

10 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...

Mej. Namibië: Hier is die top-16

10 ure gelede | Gebeure

Die eerste ronde van die 2021 Mej. Namibië-skoonheidskompetisie het Saterdag in Windhoek plaasgevind waar die top-16-finaliste bekend gestel is.Die finaliste is Andeline Wieland, Shahida van...