Amerikaanse toeriste by lodge beroof
Dit is die tweede gewapende rooftog wat in net meer as 'n week op 'n lodge oos van Windhoek plaasvind.
Francoise Steynberg - 'n Tweede gewapende rooftog teen toeriste het in net meer as 'n week op 'n lodge oos van Windhoek plaasgevind.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het drie verdagtes drie Amerikaanse toeriste Sondag omstreeks 00:06 by Ondekaremba Lodge, 5 km van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako af, met vuurwapens aangehou en beroof.
'n Vierde verdagte was die bestuurder van 'n luukse grys voertuig wat met die toeriste (onderskeidelik 39, 35 en 34 jaar oud) se besittings ter waarde van US$12 000 (sowat N$164 000 volgens die huidige wisselkoers), saam met sy makkers gevlug het. Dit sluit onder meer in Amerikaanse dollar, kredietkaarte, hul tasse met klere, selfone, drank en kameras.
Al vier verdagtes (29, 36, 30 en 40 jaar oud) is volgens die polisie by die Kapps Farm-padblokkade in hegtenis geneem. Beslag is gelê op die voertuig met Windhoek-registrasiemerke, asook 'n pistool wat se reeksnommer afgevyl is.
Al die verlore goedere is teruggevind en niemand is in die voorval beseer nie.
Volgens 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, is een van die verdagtes nié 'n geskorste polisieman wat in hegtenis geneem is nie.
"Hy is 'n voormalige polisieman wat 'n ander oudpolisiebeampte se aanstellingsertifikaat as sy identiteit voorgehou het. Laasgenoemde het al 'n ruk gelede uit die polisiediens bedank nadat hy weens 'n gewapende rooftog by Brakwater in hegtenis geneem is," het Shikwambi benadruk.
Volgens haar verskyn die verdagtes vandag (Dinsdag) in die hof.
Hierdie voorval volg op 'n gewapende rooftog wat by 'n villa by N/a'an ku sê Lodge op 22 November in die vroeë oggendure plaasgevind het. Vyf gewapende mans het vyf buitelandse toeriste oorval, vasgebind en beroof.
Duitse en Poolse toeriste, asook hul Suid-Afrikaanse toergids, is ook van hul waardevolle besittings beroof wat later teruggevind is.
Die flinke en vinnige optrede van lede van die Namibiese polisiekantoor by Kapps Farm, asook die gemeenskap en buurtwag van Kapps Farm, het tot die inhegtenisneming van die vyf verdagtes gelei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie