Amerikaanse rugby bankrot weens Covid-19
Rugby
USA Rugby (USAR), die beheerliggaam vir die sport in Amerika, het weens die negatiewe finansiële impak van die Covid-19-pandemie aansoek gedoen om bankrot verklaar te word.
Die USAR sê in ’n verklaring op sy amptelike webblad die aansoek is gedoen onder wetgewing wat sukkelende instansies toelaat om te herorganiseer en skuld te herstruktureer.
“Die impak van die Covid-19-pandemie het huidige finansiële uitdagings op rugbyaktiwiteite vergroot,” sê die USAR.
Sport oor die wêreld heen het weens die virus feitlik tot stilstand gekom, met owerhede wat ’n verbod geplaas het op groot samekomste om die verspreiding van Covid-19 te beperk.
Volgens die verklaring het die opskorting van kompetisies “tot grootskaalse verlies van inkomste, borgskappe en bykomende bronne van inkomste” gelei.
Die mans- en vroue-vyftienmanspanne, asook hul eweknieë in sewesrugby, sal voortgaan om “soos normaal mee te ding” wanneer die sport ná afloop van die pandemie hervat word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie