Amerikaanse kongres kom ooreen oor veiligheid
Amerikaanse kongres kom ooreen oor veiligheid

Amerikaanse kongres kom ooreen oor veiligheid

Die Demokrate het Sondag een van hul eise laat vaar sodat daar verby die dooie punt gekom kan word.
Die Amerikaanse kongres het Maandag ’n voorlopige ooreenkoms oor grensbeveiliging bereik in ’n poging om te keer dat die regering Saterdag weer gedeeltelik sluit – maar steeds sonder die US$5,7 miljard wat pres. Donald Trump vir sy grensmuur wou hê.

“Ons het in beginsel ’n ooreenkoms oor die finansiering van veiligheidsprogramme tot 30 September bereik,” het die Republikeinse senator Richard Shelby aan verslaggewers gesê.

“Ons personeel werk naarstig om die besonderhede uit te werk,” het hy gesê. Nie hy of drie ander senior kongreslede saam met hom het enige besonderhede van dié ooreenkoms gegee nie.

Dit is egter glad nie seker of Trump die ooreenkoms sal aanvaar nie. Sy eis vir US$5,7 miljard in Desember om ’n grensmuur tussen Amerika en Mexiko te bou, het daartoe gelei dat die federale regering vir ’n ongeëwenaarde 35 dae gedeeltelik gesluit was.

Die sluiting is in Januarie vir drie weke lank opgehef sonder dat Trump sy sin gekry het.

’n Kongres-assistent, wat anoniem wil bly, sê die ooreenkoms sluit in US$1,37 miljard om ’n nuwe heining op die suidelike grens aan te bring. Dit is naastenby dieselfde bedrag as wat verlede jaar toegeken is.

Die assistent het gesê dié geld is nie vir ’n muur nie.

Trump was Maandagaand in die grensstad El Paso in Texas om steun vir sy muur te werf.

Net voordat hy op die verhoog is, het Trump gesê hy het gehoor daar is vordering in die onderhandelings. Hy het egter nie die besonderhede bespreek nie.

“Maar julle moet weet, ons gaan in elk geval die muur bou. Miskien is vordering gemaak, miskien nie.”

DOOIE PUNT

Die Demokrate het Sondag een van hul eise laat vaar sodat daar verby die dooie punt gekom kan word. Hulle het Vrydag nog daarop aangedring dat ’n beperking geplaas word op die aantal beddens wat in immigrasie-aanhoudingsentrums is, maar dit is Sondag van die tafel gehaal.

Die Demokrate meen die Trump-administrasie gebruik die aanhoudingsentrums om onwettige immigrante vinniger te deporteer, terwyl van hulle probeer om om asiel aansoek te doen.

Die Demokraat Nita Lowey sê sy hoop hulle het teen Woensdag ’n finale ooreenkoms.

Nancy Pelosi, speaker van die huis van verteenwoordigers, het aan Lowey gesê “sy glo sy het die regte besluit geneem” (om die eis oor die beddens te laat vaar).

Pelosi en Trump was weke lank in die nuus oor hul dispuut oor die grensmuur en die sluiting van die regering.

Sy wou hê hy moet sy staatsrede kanselleer omdat die regering gesluit was. Hy het gesê sy kan hom net keer deur hom te verbied om na die huis van verteenwoordigers te gaan. Sy het nie op haar laat wag nie.

Hierop het Trump sy staatsrede uitgestel en ’n paar dae later het hy die regering heropen.

Pelosi het daarna vir Trump genooi om sy staatsrede te lewer, maar het op hierdie geleentheid opslae gemaak toe sy opstaan en vir hom hande klap.

Die internet was verdeeld oor Pelosi se handeklappery, wat sommige as “sarkasties” en ander as “fantasties” beskou het.

Pelosi het ontken dat sy sarkasties was. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107