Amerika stuur nu00f3g troepe na die Midde-Ooste
Amerika stuur nu00f3g troepe na die Midde-Ooste

Amerika stuur nóg troepe na die Midde-Ooste

Die verhouding tussen die VSA en Iran het begin versuur nadat Amerika hom aan ’n kernwapenooreenkoms onttrek het.
Amerika het Maandag aangekondig dat minstens nóg 1 000 troepe na die Midde-Ooste gestuur gaan word.

Dit kom nadat hy reeds verlede maand aangekondig het dat hy 1 500 troepe na die gebied gaan stuur.

Patrick Shanahan, waarnemende minister van verdediging, het aangekondig dat Amerika die bykomende troepe vir verdedigingsdoeleindes gaan stuur.

Die VSA en Iran is sedert verlede week weer haaks nadat die Amerikaanse regering ’n video uitgereik het wat glo bewys dat die Iranse rewolusionêre wag (IRW) vir die aanvalle op twee olietenkskepe verantwoordelik is.

Die skepe, een van Noorweë en die ander van Japan, is in die Straat van Hormoes aangeval. Dit is die toegangsroete vir bykans 20% van die olie wat wêreldwyd verbruik word.

PLOFTOESTEL

Die prys van ruolie het ná die aanval met 4% gestyg, maar later weer met 2% teruggesak.

’n Ploftoestel wat nie afgegaan het nie, is gesien aan die kant van een van die olietenkskepe wat Donderdag aangeval is.

’n Amerikaanse amptenaar vermoed dit is ’n kleefmyn en sê dat as dit wel die geval is, sal dit dieselfde wyse wees waarop vier olietenkskepe verlede maand naby die kus van die Verenigde Arabiese Emirate aangeval is.

Die spanning tussen Amerika en Iran het sedert hierdie aanvalle toegeneem nadat Washington dié land daarvoor geblameer het.

Die verhouding tussen die VSA en Iran het begin versuur nadat Amerika hom aan ’n kernwapenooreenkoms onttrek het en weer oliesanksies teen Iran ingestel het.

Amerika het daarna ook sy bondgenote verbied om olie van Iran te koop.



PERK OP URAANVERRYKING

Iran het Maandag druk op Europa begin uitoefen oor die skaakmat-si­tuasie waarin hy hom met die VSA bevind.

Behroez Kamalwandi, woordvoerder van die land se atoomenergie-organisasie, het gesê hulle is besig om al hoe meer uraan te verryk.

Teen die huidige tempo sal hulle die toegelate kerf van halfverrykte uraan wat hulle mag besit binne tien dae verbysteek, het hy gesê.

Volgens die kernooreenkoms wat in 2015 tussen Iran, die VSA, Frank­ryk, Duitsland en Brittanje gesluit is, mag dié Midde-Oosterse land 300 kg halfverrykte uraan besit. In ruil daarvoor word sanksies teen hom verslap.

Amerika het hom verlede jaar aan die kernooreenkoms onttrek en wil sanksies nie verlig nie omdat Iran volgens hom nie die vereistes van die ooreenkoms nakom nie.

“Daar is wel nog tyd indien die Europese lande dringend optree,” het Kamalwandi gesê.

“Sodra hulle hul onderneming nakom, sal dinge na normaal terugkeer,” het hy met verwysing na die sanksies gesê.

Die Europese ondertekenaars van die ooreenkoms probeer al lank ’n meganisme ingestel kry om handel met Iran teen Amerikaanse sanksies te beskerm. Volgens Iran word met dié proses gesloer.

Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Sondag gesê hulle wil nie oorlog teen Iran voer nie, maar sal alle moontlike optrede oorweeg – insluitend diplomasie – om te verseker dat die belangrike skeepsroetes in die Midde-Ooste oop bly. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.80/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 86.46/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 929.01/OZ DOWN -0.0077 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.80/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 86.46/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 929.01/OZ DOWN -0.0077