Amerika help met vastrek van 'ietermagu00f4smokkelaars'
Amerika help met vastrek van 'ietermagu00f4smokkelaars'

Amerika help met vastrek van 'ietermagôsmokkelaars'

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Samewerking tussen Amerikaanse wetstoepassers en die Namibiese polisie (Nampol) het gelei tot die inhegtenisneming van vier vermeende ietermagôsmokkelaars.


Volgens 'n mediaverklaring van die Amerikaanse ambassade was dit die eerste samewerking van sy soort tussen wetsstoepassers van die twee lande.

Die inhegtenisneming van die vier het op 21 Julie in Windhoek plaasgevind nadat inligting van die Amerikaanse sekuriteitsondersoeke se kantoor in Pretoria in Suid-Afrika inligting oor ietermagôsmokkelary na die Amerikaanse ambassade se streeksekuriteitsbeampte in Windhoek oorgedra wat dit op sy beurt met die Nampol gedeel het.

"Gebaseer op hierdie inligting kon die Blue Rhino-taakspan die vier verdagtes in hegtenis neem. Beslag is op een lewende ietermagô, vier ietermagôvelle en los skubbe gelê," sê 'n woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, mnr. Jacques du Toit.

Die beskuldigdes, mnre. Gideon Petrus Ellis, Marvin Tjihukununa, Morethen Katjipi en Uaandjua Tjingovera, bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op 13 Augustus wanneer hulle formeel vir borgtog sal aansoek doen.

"Hierdie ondersoek kan tot verdere inhegtenisnemings lei en is 'n sprekende voorbeeld van samewerking tussen Amerika en Namibië om onwettige wildsmokkelary te takel," sê Du Toit.

Hy sê die ietermagô is op 29 Julie deur lede van die Blue Rhino-taakspan in die teenwoordigheid van 'n wetenskaplike navorser van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, in die natuur vrygelaat.

- [email protected]

Foto verskaf


Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!