Ambunda weer as ’n held terug
Boks
Namibiërs kan vanoggend omstreeks 10:40 uitsien na die aankoms van Paulus Ambunda in Windhoek, nadat hy Saterdagaand in Singapoer vir die derde keer ’n wêreldbokstitel verower het.
Die 38-jarige Ambunda het die tuisland se Muhamad Ridhwan met punte verslaan (115-113, 116-111, 112-115) om die vakante superkapokgewigtitel van die Internasionale Boksorganisasie (IBO) te verower.
Dit is Ambunda se tweede wêreldtitel in dié gewigsklas, nadat hy tussen 2014 en 2016 die gordels van IBO en die Internasionale Boksfederasie (IBF) beklink het. Hy was tevore ook as kapokgewig die WBO-kampioen.
Ambunda het Saterdag teen ’n voorheen onoorwonne opponent (11-0) sy ondervinding laat tel om sy rekord tot 27 oorwinnings en twee nederlae te verbeter. Met sy lyfhoue het hy veral in die eerste ses rondes sake gedikteer en het nooit kop verloor nie.
Die Namibiër was agterna vol lof vir sy jonger opponent se dapper vertoning. “Ridhwan is ’n goeie vegter, maar hy moet sy steekhoue en teenhoue verbeter. Sy houding is te oop en ek kon sy houe sien kom.”
Ridhwan, wat minder as drie jaar gelede nog as ’n skoonmaker gewerk het, het agterna gesê dit was ’n redelike gelykop stryd en dat hy uiteraard teleurgesteld is dat hy nie aan die wenkant was nie.
“Maar ek is bly die toeskouers kon ’n opwindende geveg sien en dat hulle weet ons het nie sommer net ’n maklike opponent ingebring vir die tuisvegter om van ’n oorwinning verseker te wees nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie