Ambunda onder nuwe promotor

Die Namibiese kampioen het 'n kontrak vir drie jaar onderteken.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Namibië se enigste huidige wêreldbokskampioen, Paulus Ambunda, is gister bekendge­stel as die nuutste aansluiting onder die vaandel van Ringstar Boxing se bestuur en promosies.

Ringstar word bedryf vanuit Singapoer, waar Ambunda verlede maand sy wêreldtitelgeveg teen die tuisland se Muhamad Ridhwan oortuigend met punte gewen het om die Internasionale Boksorganisasie (IBO) se superkapokgewig gordel te beklink.

Die 38-jarige Ambunda (27 gewen, twee verloor) is 'n driemalige wêreldkampioen wat ook tevore die WBO se kapokgewigkampioen was.

Die Namibiër sê: “Ek is bly dat ek by Ringstar Management kon aansluit en ek sien uit na my komende gevegte onder hul vaandel.”

Die gebore Brit Scott Farrell is die stigter en uitvoerende hoof van Ringstar Boxing, wat as een van Asië se voorste ontluikende bokspromosie-maatskappye gereken word.

Farrell sê: “Ons is opgewonde om Paulus Ambunda by Ringstar te verwelkom. Die Namibiër het steeds baie om te bied, soos hy bewys het tydens ons laaste boksgeleentheid by die Marina Bay Sands op 29 September met sy verowering van die IBO-titel. Ek sal vir Ambunda die groter gevegte help vasknoop en hy sal weer eens die bokswêreld verras – hoor wat ek sê.”

'n String ander hoëprofiel, wêreldklas boksers word deur Ringstar se promosies bestuur, insluitend Michael Dasmarinas (IBO kapokgewig wêreldkampioen) van die Filippyne, Muhamad Ridhwan van Singapoer, Nort Beauchamp van Nieu-Seeland (IBO Asië superveergewig titelhouer), die weltergewig Keng Fai Hui (IBO Oseanië-kampioen) van Maleisië, die ligswaargewig Mirage Khan (WBC Asië-kampioen) van Maleisië en die superliggewig Cairo George van Nieu-Seeland.

Die afrigter Imms Moses, wat Ambunda verlede maand na Singapoer vergesel het, het ook die skuif verwelkom.

“Ambunda het 'n driejaarkontrak onderteken. Dis 'n goeie geleentheid onder 'n goeie promotor. Dit beteken ek kan my aandag op afrigting toespits.

“Ringstar het 'n goeie werkverhouding met die Wêreldboksraad (WBC). Nou wag ons dat hulle ons laat weet oor Ambunda se volgende vegdatum en opponent.

“Ambunda is gelukkig om op 38 jaar gekontrakteer te word, maar dis ook beloning vir sy harde werk en vir sy oortuigende vertoning in sy laaste geveg. Hy sal nou op sy eie terme kan uittree wanneer hy so besluit.”

– Bykomende inligting deur abs-cbn.com

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!