Ambunda oefen en veg soos 'n kampioen

In die verowering van sy derde wêreldtitel het Ambunda soos 'n nuwe vegter gelyk, sê sy afrigter.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - As jy die wêreldkampioen is, word jy gebel met aanbiedinge vir 'n volgende geveg. Dit is inderdaad beter as wanneer jy die een is wat moet rondbel.

Só het Imms Moses, boksafrigter en vegknoper, gesê toe Paulus Ambunda gister 'n nuuskonferensie gehou het ná hul terugkeer uit Singapoer, waar Ambunda laas naweek die superkapokgewigtitel van die Internasionale Boksorganisasie (IBO) verower het.

Moses het onthul dat 'n herontmoeting teen die verslane Muhamad Ridhwan, weer in Singapoer, reeds een van die aanbiedinge op die tafel is.

Hy reken Ambunda, deesdae met die Mexikaans geïnspireerde vegnaam “El Jesus”, behoort in Februarie weer deur die kryttoue te klim – uiteraard ná die onderhandelinge om die volgende opponent, venue en geldelike belonings vas te knoop.

Die Namibiese vegter se naam word ook reeds genoem as 'n kandidaat vir insluiting wanneer die promotor Kalle Sauerland se Wêreldboks Superreeks ook al besluit om agt boksers vir die superkapokgewigklas uit te soek wat om die Muhammad Ali-trofee meeding.

Ambunda is op 38 jaar die oudste Namibiër nóg wat 'n wêreldtitel beklink, maar Moses het gesê hy was 'n veel meer afgeronde vegter as tevore danksy 'n nuwe benadering.

“Om 'n wêreldtitel te wen, is nooit maklike werk nie. Hier by die AC Boxing Gym het ons geen moeite ontsien in ons voorbereiding op laas naweek nie.”

Moses het sy gimnasium se krag- en kondisioneringsafrigter Martin Angombe as 'n waardevolle aanwins geprys.

“Ek en Nicky (Natangue) is in staat om 'n bokser met sy tegniek van verdediging en aanval te help en jou taktiek te verfyn om rondes te wen en 'n wêreldkampioen te word, maar Martin is die eerste krag- en kondisioneringsafrigter in Namibiese boks.

“Sy bydrae het 'n verskil gemaak met die nuwe benadering wat lewe in Ambunda se entoesiasme geblaas het. Martin het sportwetenskap in Suid-Afrika studeer en het terselfdertyd onder die buurland se topafrigters soos wyle Nick Durand en Colin Nathan gewerk.

“Onder Martin se leiding het ons in Ambunda se oefenkamp byvoorbeeld oorgeskakel van padwerk na swemsessies.

“In ons gimnasium se bokskryt (die Hondehok) het Ambunda skermsessies teen die WBO Afrika-kampioen Sakaria Lukas (Desert Storm) en Candy Imalwa gehad. Maar ons het in totaal net 60 rondes skermwerk gedoen – in teenstelling met tevore wanneer ons tot 800 rondes sou doen.

“Wanneer jy op die topvlak meeding, veg jy teen die bestes. Jy moet voorbereid wees vir die volle 12 rondes.”



TAKTIEK

“Ambunda was altyd bekend as 'n vegter wat altyd vorentoe beweeg met sy hande in die verdedigende posisie voor sy gesig. Maar wanneer die houe inkom, selfs teen die voorarms, word jy in die gesig getref en jy raak moeg en beseer.

“As jy na die geveg kyk, sal jy sien dat Ambunda nou meermale die skouerrol begin gebruik het om die inkomende houe net skrams te laat tref en onskadelik te maak. Ambunda was dus 'n heeltemal ander vegter as tevore, wat op die teenaanval sy hande kon gebruik wanneer die geleentheid hom voordoen.

“Ons taktiek was om Ridhwan met lyfhoue sag te slaan. Ambunda moes elke ronde sterk begin, besig bly in die middel en die ronde sterk afsluit om die tellinghouers te oortuig.

“Ridhwan het nie gehou van die lyfhoue nie en het dan vir Ambunda vasgegryp. Die skeidsregter het hom probeer help deur Ambunda te waarsku dat hy op sy opponent leun en het selfs twee, drie keer punte laat aftrek. Dit wys jou hoe oortuigend beter hy was, om die geveg steeds met punte te wen.

“Ses maande nadat ons gimnasium geopen is, het ons ons eerste wêreldkampioen, en tans Namibië se enigste.

“My idee met die boksgimnasium is om kompetisie te skep – tot voordeel van almal. Jy kan nie sê jy is die beste as jy geen kompetisie het nie. As ons aanhou werk, sal ons aanhou om kampioene op te lewer.



'JONK EN SEXY'

In sy spreekbeurt het Ambunda gesê hy voel sprakeloos om vir die derde keer wêreldkampioen te wees en dat sy glimlag van oor tot oor vanself spreek.

“Beide hierdie afrigters werk reeds vanaf my amateurdae met my saam. Met Nicky Natangue werk ek al amper 20 jaar en met Imms 18 jaar. Hulle is meer as net vriende – hulle is soos my broers. Ek het hulle raad gevolg en ons planne het perfek uitgewerk.”

Ambunda sê hy is baie geëerd om weer terug in die topgeselskap van die superkapokgewigklas te wees.

“Ek sal net vir twee of drie weke rus, dan is ek terug in die Hondehok voordat ek my titel verdedig – dalk hopelik op tuisbodem.”

Ambunda sê op 38 jaar voel hy steeds vars genoeg om dalk tot op 41 op beroepsvlak te boks.

“Ek voel nog heel jonk en sexy en dink nog geensins aan uittree nie. Wanneer my liggaam sê hy wil nie meer nie, sal ek julle sê. Ek wil nog eers 'n paar opponente slaan sodat julle hulle nie herken nie. Ek is gereed vir die bestes in my gewigsklas.”



MOTIVEER ANDER

Nicky Natangue, medeafrigter, sê meer boksers sal deur Ambunda se suksesse gemotiveer word.

“Dit geld ook vir boksers van ander gimnasiums. Werk intelligent. Kry die regte advies, moenie verward wees nie, volg jou afrigter se raad. Kom ons werk saam as een nasie.”

Moses het hierby aangesluit deur te sê dat talent nie genoeg is om vir enige Namibiese bokser 'n wêreldgordel te bring sonder goeie samewerking met ander rolspelers nie.

“Te veel van ons boksers en promotors is nie bereid om saam te werk om beter te word nie. Op die topvlak word jy deeglik getoets en te veel van ons boksers verloor titels die eerste keer wanneer hulle dit op die spel plaas.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01%