Ambunda en Ridhwan ruil die eerste beledigings
Die Namibiër is in Singapoer om sy volgende geveg te bemark.
Dit is nog ses weke voordat hulle in die bokskryt ontmoet, maar die mondelinge tweegeveg het reeds vinnig en maklik gevloei toe die voorste plaaslike professionele bokser Muhamad Ridhwan en Namibië se gewese wêreldkampioen Paulus Ambunda gister in Singapoer aan die media bekend gestel is.
Die twee sal dit op 29 September in die Marina Bay Sands hotel uitbaklei vir die Internasionale Boksorganisasie (IBO) se superkapokgewig (55 kg) wêreldtitel by die gelaantheid wat as The Roar of Singapore: The Kings of Lion City bemark word.
Ambunda het in Augustus 2015 die IBO-superkapokgewig-wêreldtitel gewen, maar het dit tien maande later verloor toe hy dit vir die tweede keer verdedig het.
Die Namibiër het dadelik reaksie uitgelok toe hy Ridhwan beskryf het as 'n hindernis op sy pad terug na die toppunt van die gewigsklas.
Ridhwan het teruggekap deur sy visier op Ambunda se ouderdom te vestig.
“Hy is te oud en te stadig,” het die 30-jarige Singapoerees gesê van sy mededinger, wat agt jaar oud is. “Ek respekteer hom, hy was goed, maar nie fantasties nie en sy beste dae is verby.
“Hy is die een wat die hindernis in my pad is, nie andersom nie.”
Ambunda het geantwoord: “Ridhwan is 'n goeie bokser, jonk, opwindend en honger vir sukses. Maar hy het talle tekortkominge. Hy is net 'n seuntjie en ek is sy pa, en op 29 September sal ek hom leer om ouer mense te respekteer.”
Op dié punt het Ridhwan met 'n glimlag na sy bestuurder Scott O'Farrell gedraai en geskerts: “Hy het dit self gesê, hy is 'n bejaarde. Scott, hoekom laat jy my 'n oumens slaan? Hoekom laat jy my altyd soos die slegte ou lyk?”
Die IBO word as die grootste beheerliggaam buite die tradisionele topvier van die Wêreldboksvereniging (WBA), Internasionale Boksfederasie (IBF), Wêreldboksraad (WBC) en Wêreldboksorganisasie (WBO) gereken.
PLAASVERVANGER
Ridhwan het sy kans verdien nadat hy in April vir Jeson Umbal van die Filippyne om die IBO interkontinentale veergewigtitel in Singapoer uitgeslaan het.
Dit verseker hom van 'n kans om vir die beheerliggaam se wêreldtitel in veergewig (tot 57 kg), superkapokgewig (een gewigsklas laer) of superveergewig (tot 59 kg) te veg.
Van die IBO se bekende huidige wêreldtitelhouers sluit die Brit Anthony Joshua (swaargewig) en Gennady Golovkin (middelgewig) in.
Ridhwan was oorspronklik veronderstel om op 29 September teen Pipat Chaiporn te boks, maar die Thai het in Junie teen Ryohei Takahashi van Japan verloor en sodoende uit die prentjie vir die IBO-wêreldtitel verdwyn. Ambunda is gevolglik as sy plaasvervanger aangewys. – straitstimes.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie