Amazon betaal werkers om hom op Twitter te prys
Petrus Malherbe
In 'n ooglopende poging om die skade aan sy reputasie te herstel, het Amazon begin om van sy werknemers te betaal om goeie goed oor die maatskappy aanlyn te sê.
Die ondersoekende joernalis James Bloodworth het in April 'n boek uitgereik waarin hy die haglike omstandighede uiteensit waaronder party pakkers van Amazon werk.
In een voorbeeld het Bloodworth geskryf werkers moes in 'n bottel urineer omdat die badkamers te ver was en waardevolle tyd verlore sou gaan as hulle soontoe sou moes loop. Werkers moes ook aan streng daaglikse mikpunte voldoen vir die aantal pakkies verpak.
Nou het TechCrunch daarop gelet dat minstens 15 rekeninge op Twitter opgeduik het, almal met een doel: prys Amazon.
Elke rekening behoort aan 'n werknemer by die maatskappy wat voorheen in 'n paksentrum gewerk het. Die rekeninge word geïdentifiseer met die woorde “FC Ambassador” in die naam.
Volgens Mashable reageer dié rekeninge op enige negatiewe kommentaar oor Amazon op die sosiale netwerk.
Een persoon vra byvoorbeeld vir Jeff Bezos, Amazon se hoof, of hy enige tyd badkamer toe kan gaan en of hy ook in 'n bottel moet
urineer.
Een van Amazon se werknemers reageer daarop dat hy “nes Jeff” enige tyd badkamer toe kan gaan en dat “geen bottel nodig” is nie. Hy maak selfs 'n grappie deur te sê dis baie nuttig, want hy “drink so baie water soos 'n kameel”.
Die Twitterati was gou op hul perdjie en sê dié rekeninge is heeltemal te vriendelik om as opreg beskou te word.
In 'n verklaring het die maatskappy bevestig die rekeninge word bestuur deur werknemers wat voorheen in sy paksentrums gewerk het, maar wat nou heeltyds goeie woorde oor die maatskappy versprei.
“Om die eerlike feite van hul persoonlike ervarings te deel, is die belangrikste ding.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie