Alweendo vra hulp met krag
Die regering se hande moet versterk word om te verseker Namibië word meer selfversorgend wat die opwekking van krag betref.
Otis Finck op Swakopmund - Die kragverskaffingsbedryf in Namibië sal móét groei en in sy geheel verander. Hervorming word genoodsaak met die oog daarop om die privaat sektor te lok om in kragvervaardiging te belê.
In dié stadium word die proses gekortwiek omdat Namibië net een koper van elektrisiteit het, sê mnr. Tom Alweendo, minister van myne en energie.
Tydens ’n vergadering van die Elektrisiteitsverskaffingsforum (ESF) het Alweendo gesê: “’n Volhoubare toekoms moet veral vir die kragbedryf ’n prioriteit wees. Teen die agtergrond van Namibië se mildelike hulpbronne – ideaal vir hernubare opwekking van krag – moet ’n omgewing voorkeur geniet wat private beleggings steun.”
Dié vergadering het Donderdag op Swakopmund plaasgevind.
Die forum het ten doel om sleutelrolspelers in die kragbedryf, die regering en ander belanghebbendes byeen te bring om geleenthede, neigings en uitdagings, wat die bedryf in Namibië raak, onder die loep te neem.
Volgens Alweendo bestaan geen twyfel dat onafhanklike kragvervaardigers die land kan help om selfversorgend te word sonder om swaarder op beperkte staatshulpbronne te steun nie.
Hy het voorts gesê ’n beleidsdokument is saamgestel waarin sleutelbepalings vervat is oor die regering se verbintenis daartoe om privaat beleggings in die kragbedryf aan te moedig.
Hy het egter gemaan enige beleid wat dié beleggings aanmoedig, móét in gedagte hou watter tipe hulpbron krag is.
“Om krag bekostigbaar te hou en opwekkers te verhoed om hoë winste in heffings in te bou, is baie belangrik.”
Volgens hom beteken dít die toepaslikheid van die kragverskaffingsbedryf moet geskoei wees daarop dat alle inwoners toegang het tot beskostigbare krag sonder om die moontlikhede daarvoor vir toekomstige generasies in die gedrang te bring.
Alweendo het benadruk verstedeliking sal bly toeneem solank landelike gebiede sonder voldoende kragtoevoer is.
Volgens die minister is Namibië besig om meer selfonderhoudend te word wat die opwekking van krag betref.
Soos sake tans staan, voer die land 70% van sy krag in.
“Dit is dus duidelik dat ons meer moet doen om plaaslik krag op te wek en dit meer toeganklik te maak.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie