Alweendo open Lu00fcderitz-windpark
Alweendo open Lu00fcderitz-windpark

Alweendo open Lüderitz-windpark

Die eerste windkragaanleg wat aan die nasionale kragnetwerk gekoppel is, sal tot 5 megawatt krag daaraan lewer.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, het verlede week die Ombepo-windpark buite Lüderitz amptelik geopen.

Die aanleg is gebou in 'n vennootskap tussen Innosun Energy Holdings en die Lüderitz-dorpsraad.

Dit is die eerste windkragaanleg wat aan die nasionale kragnetwerk gekoppel is, en sal tot 5 megawatt (MW) krag daaraan lewer. Dit bestaan uit drie windturbines wat elk 2MW krag kan opwek. Aan die drie 80 m hoë torings is 'n 70 ton-kragopwekker met lemme van 43 meter elk. Die totale belegging in die windpark beloop sowat N$180 miljoen.

Volgens die minister beskik die Lüderitz-omgewing oor 'n enorme windhulpbron wat vir kragvoorsiening ingespan kan word.

“Namibië is steeds afhanklik van kraginvoere uit Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe, maar die prentjie verander, stadig maar seker,” het Alweendo gesê. Volgens hom is hernubare kragbronne soos son en wind die oplossing, en is baie reeds oor die afgelope jare gedoen om die land op die pad na kragonafhanklikheid te plaas. Hy het onder meer verwys na die sonkragaanlegte op Omburu (4,5MW), Osona (5MW) en Aussenkehr (5MW), almal deur Innosun ontwikkel, asook die sonkragstasies op Arandis en Grootfontein.

Die minister het gesê verskeie groot maatskappye, ministeries en instansies, veral in Windhoek, span reeds sonkrag met behulp van sonpanele op die instellings se dakke in. Dit is onder meer die Verenigde Nasies se kantore in Windhoek, die ministerie van die omgewing, NamPower, Namibia Breweries, Woermann Brock en Spar Namibia in. “Hulle is almal nader aan volhoubare, groen en skoon energiegebruik,” het hy gesê.

Volgens die minister beoog die regering om 70% van die land se kragvereistes deur die gebruik van hernubare bronne teen 2030 te verskaf. Derhalwe is die regering voortdurend op soek na vennootskappe vir dié doel. Plaaslike kragopwekking moet toeneem om tussen 400MW en 600MW te kan verskaf, terwyl die regering ook teen 2020 krag aan alle skole en gesondheidsinstansies wil voorsien. Ook in daardie jaar moet minstens 50% van die platteland aan elektriese krag gekoppel wees, teenoor die huidige 34%, het Alweendo gesê. Volgens hom is dit nog meer ambisieus is die nuwe doelwit om teen 2022 plaaslik 755MW op te wek.

“Ons is bewus van 'n aantal uitdagings, waaronder die afstande in ons land, tog is ons vol vertroue dat die gestelde teikens bereik kan word deur middel van die strategieë soos uiteengesit in die vyfde nasionale ontwikkelingsplan (NDP 5).”

In NDP5 word voorgestel Namibië brei die grootmaattransmissie en verspreidingstelsel-infrastruktuur uit, benut inheemse hulpbronne om krag op te wek, ondersteun onafhanklike kragopwekkerinstansies (IPP’s) in die mark, en hervorm die struktuur van die plaaslike mark. “Saam met IPP’s en private vennootskappe glo ek die doelwitte is bereikbaar,” het die minister gesê.

“Ons wil nie hê ons mense moet in die donker bly of gedwing word om te eet en leer by kerslig nie,” het Alweendo gesê. “Houtkap vir kookdoeleindes en om warm te bly is ook nie volhoubaar nie, omdat bome en hul positiewe impak op ons omgewing nooit onderskat mag word nie. Bome dra by tot die omgewing deur suurstof te verskaf, die lug skoon te hou, die klimaat te verbeter, water te bespaar, en in die bewaring van grond en die ondersteuning van wild. Skoon, groen hernubare krag, geoes van die oorvloedige sonlig en wind wat ons in Namibië het, is dus die antwoord,” het die minister gesê.

“Ek doen 'n beroep op die private sektor om 'n selfs nog groter rol te speel ten opsigte van hulp in ons pogings om in die energieaanvraag van ons land te voorsien,” sê Alweendo.

Volgens hom sal die regering bly streef na 'n volhoubare sosioëkonomiese omgewing waarin ontwikkeling kan floreer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 399.40/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.30% | Zinc US$ 2 869.00/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.99/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 931.11/OZ DOWN -0.0054 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 399.40/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.30% | Zinc US$ 2 869.00/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.99/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 931.11/OZ DOWN -0.0054