Alweendo oor myne en energie
Alweendo oor myne en energie

Alweendo oor myne en energie

Die nuwe minister wil graag plaaslike kragopwekking en meer vaste beleggings in die mynbousektor sien.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die nuwe minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, het vandeesweek in sy eerste amptelike nuusvergadering sedert hy dié pos beklee, gesê daar is werk om te doen in beide dié belangrike ekonomiese sektore.

Wat mynbou betref, het die minister gesê die aantreklikheid van grootskaalse belegging moet verbeter, terwyl meer krag plaaslik opgewek moet word wat die energiesektor betref.

Alweendo het die belang van mynbou en energie vir die Namibiese ekonomie beklemtoon.

Volgens hom dra mynbou meer as 10% tot die bruto binnelandse produk (BBP) by, en sonder energie sal Namibië se sosioëkonomiese ontwikkelingsplanne nie bereik word nie.

Ondanks vaste beleggings tussen 2011 en 2016 ter waarde van N$43 miljard wat aan mynbou te danke was, het Namibië, volgens die Fraser-instituut se jaarlikse opname, een plek geval na 54ste in terme van aantreklikheid vir mynboubeleggings, sê die nuwe minister.

Hy sê die 40% ernergie wat plaaslik opgewek word teenoor 60% wat ingevoer word, “is nie volhoubaar nie”.

Om plaaslike kragopwekking aan te moedig, beplan die minister noue samewerking met die privaat sektor en om die struktuur van die energiemark in Namibië dringend te hersien.

NamPower se status as alleenverspreider sal volgens hom onder die vergrootglas geplaas word.

Veral wat kragvoorsiening aan die platteland betref, sal hernubare opsies in ag geneem word, sê die minister.

“Ons moet verseker dat die mark genoeg krag vir die aanvraag kan opwek,” sê Alweendo.

Walvisbaai-oliestooraanleg

Alweendo het ook van die geleentheid gebruik gemaak om insig oor die buitensporige prysverhoging vir die nasionale oliestooraanleg op Walvisbaai te bied.

Volgens hom sou die projek aanvanklik N$3,7 miljard kos.

“Intussen het die omvang van die projek groter geraak as wat oorspronklik beplan is en die koste word nou op N$5,6 miljard beraam.

“’n Aantal besware is teen die projek geopper en beweringe van onreëlmatighede is gemaak.

“In reaksie hierop het die regering ondersoek na moontlike oortredings ingestel. Die proses duur nog voort,” het die minister gesê.

Volgens hom is dit onbetwisbaar dat Namibië dié strategiese aanleg nodig het.

Die regering moet voorraad strategies kan stoor.

“Die beweringe word nie geïgnoreer nie, maar die projek is nodig,” sê hy.

Die aanleg sal na verwagting teen Junie voltooi wees en is tans op skedule.

Alweendo het die bestuur van die aanleg ná voltooiing bespreek.

“Tydens die beplanning van die projek het die kabinet besluit Namcor sal dit bestuur. Dit was nog altyd die bedoeling dat Namcor dit namens die regering sal bestuur.

“Weens die ingewikkelde aard van werksaamhede kan Namcor tegniese kundigheid nodig kry om in die bestuur van die aanleg te slaag.

“’n Deursigtige proses sal gevolg word waartydens die nodige tegnici aangestel word.

“Tot dusver is geen maatskappy aangestel of aangewys om die aanleg te bestuur nie - alleen óf in samewerking met Namcor nie,” het die minister gesê.

Alweendo het erken ’n vennoot vir Namcor moet voor die voltooiing van bouwerk aangestel word.

“Die laaste ding wat ons wil hê, is dat die aanleg gereed is voor ooreenkomste aangegaan is,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!