Als oor skokdokkie Tiger King
Als oor skokdokkie Tiger King

Als oor skokdokkie Tiger King

Tiere, smerigheid en ’n mislukte huurmoord
Gerine Hoff
Saamgestel deur Sandy Cook

Die wêreld gons oor ’n dokkie waarin die wreedhede van ’n tiereienaar – en baie meer! – uitgebeeld word.
Wilde tiere, poligamie, ’n huurmoord en ’n spul karakters wat so verbysterend vreemd is, jy kan jou oë nie glo nie. Dís die bestanddele van die skokdokumentêr wat die wêreld tydens die inperking aan die gons het.
Ons praat natuurlik van Tiger King: Murder, Mayhem and Madness, die nuwe Netflix-reeks met Joe Maldonado-Passage – bekend as Joe Exotic – die spilpunt waarom die bisarre gebeure draai.
Dié eienaar van ’n privaat dieretuin met sy mullet-haarstyl, vuil mond en vuurwapen trou oënskynlik met die een man ná die ander, gee voor hy’s ’n wafferse countrysanger en koester selfs die ambisie om eendag die president van Amerika te word.
Voeg daarby sy opvlieënde humeur en voorliefde vir blou oogomlyner en jy’t kennisgemaak met dié weergalose karakter wat die verbeelding van miljoene aangegryp het.
Die program het ’n wegholsukses geword in ’n tyd waarin baie mense wil ontsnap van die werklikheid wat die COVID-19-pandemie meebring.
Maar dit is beslis nie ’n storie met ’n gelukkige einde dié nie: Joe (57) dien tans 22 jaar tronkstraf uit vir die beplande huurmoord op sy aartsvyand, Carole Baskin, én omdat hy tiere in sy natuurpark doodgemaak het.
“Hy was soos ’n mitiese karakter wat daar in die middel van nêrens in Oklahoma bly.” Dís hoe die televisievervaardiger Rick Kirkham, een van die karakters in die reeks, Joe Exotic beskryf.
Joe is ’n polariserende karakter; hy ontlok lojaliteit by van sy werknemers, maar weersin by sakevennote en diereregteaktiviste. Hy loop met sy hemp tot by sy naeltjie oopgeknoop in sy park rond en wys kermende babatiertjies aan ’n geboeide gehoor.
Hy is getroud met John Finlay, ’n jonger man vol tatoes en met ’n tekort aan voortande. Maar dit keer hom nie om op die tiener Travis Maldonado verlief te raak nie – en vreemd genoeg meen nie John of Travis dat hulle gay is nie.
Die heel grootste doring in Joe Exotic se vlees is Carole Baskin. Sy bestuur Big Cat Rescue en voer ’n vete om Joe se onderneming te laat toemaak nadat hy met ’n haatveldtog teen haar begin het.
’n Geldelike penarie noop Joe om finansiering te soek om sy park aan die gang te hou. Hy beland in ’n vennootskap met ’n twyfelagtige finansier van Las Vegas – die soort ou wat babatiere by Las Vegas-hotelle insmokkel om vroue by hom en sy vrou in die bed te kry.
Hierdie ou speel op die ou end ’n groot rol daarin om Joe op die aanklag van kontrakmoord te laat skuldig bevind.

Carole die katliefhebber
“Hallo, al julle koel katte en katjies.”
So begin die diereregteaktivis en eienaar van Big Cat Rescue al haar video’s in die sosiale media. Maar die kinderlike grootoogvrou met ’n voorliefde vir katpatroonklere is bitter ongelukkig met hoe sy in Tiger King uitgebeeld word.
Sy sê sy voel verraai en beweer sy en Howard (haar man wat nes prins Charles lyk) het tot onderhoude met die vervaardigers ingestem omdat hulle gedink het dit sal Joe Exotic aan die kaak stel weens sy wreedheid deur die jare.
Maar Carole het nie haar sin gekry nie en ’n hele episode fokus op die raaiselagtige verdwyning van haar eerste man, die miljoenêr Don Lewis, net toe hy op die punt was om van haar te skei.
Don se eksvrou en sy dogters maak verdoemende bewerings dat Carole haar man vermoor of laat vermoor het en hom toe deur ’n vleismeul gedruk en vir haar diere gevoer het. Of dat sy hom laat opkap en in die kamp laat gooi het om bene en al opgevreet te word.
Nadat die dokumentêr uitgesaai is, het die owerhede laat blyk hulle sal die saak oor Don se verdwyning weer oopmaak en Carole se rol daarin ondersoek.
“Ek is net baie kwaad dat mense die punt heeltemal misgekyk het,” sê Carole (58) aan ’n plaaslike Amerikaanse koerant. “Die punt is die welpies word misbruik en uitgebuit, en die publiek maak dit moontlik.”
“Daar’s amper geen manier om die intensiteit van die gevoel van verraad te beskryf nie,” sê haar man, Howard.
Carole moes ook haar daaglikse fietsrit van haar huis tot by die diereskuiling staak, want vreemdelinge het haar langs die pad begin verfilm en verskree.

Moenie die diere vergeet nie
Tiger King word uit party oorde gekritiseer oor die dokumentêr se klem op die verregaande karakters in plaas van die dieremishandeling. In ’n ekstra episode wat ná die einde van die dokumentêr gemaak is, vertel die vervaardiger Rick Kirkham van ’n vrou wat haar bejaarde perd in trane na Joe gebring en hom gesmeek het om die dier sy laaste dae in vrede op sy plaas te laat leef.
Hy verseker haar hy sal, maar toe sy loop, skiet hy die perd en voer die karkas vir sy tiere. Rick beweer Joe was banger vir sy diere as wat hy laat blyk het.
“Wanneer jy Joe saam met ’n tier in ’n hok sien, is die tier óf blind óf verdoof. Hy was vreesbevange vir die tiere. Hy was bang vir ál die diere. Ek onthou ’n pou het op hom geland en hy het kop verloor. Hy het die pou se nek gebreek en hom vir die tiere gevoer.”
Joe word ook daarvan beskuldig dat hy sy tiere doodgemaak het wanneer hulle nie meer gedwee welpies was wat vertroetel kon word nie. Moenie ’n fout maak nie, die groot katte in sy dieretuin is tot geweld in staat.
In ’n grusame toneel ruk ’n kat een van die dieretuin-werkers, Kelci “Saff” Saffery, se arm af. Die lojale Saff is terug by die werk net vyf dae ná die ledemaat afgesit is.
Nog ’n groter-as-lewensgroot karakter, dr. Bhagavan “Doc” Antle, wat minstens drie vroue het, word ook daarvan beskuldig dat hy tiere doodgemaak het – iets wat hy ontken.
Die rolprentmakers Rebecca Chaiklin en Eric Goode meen die program het wel die mishandeling van diere onder die soeklig geplaas.
“Ons wou hê mense moes ná die reeks besef om dié soort dieretuine te ondersteun help glad nie die diere nie,” sê Rebecca aan The Washington Post. “Wilde diere hoort nie in aanhouding nie.”
“Ons wou die storie vertel, maar aan die einde was die les dat daardie katte uitgebuit is en gely het,” sê Eric.

Wêreldroem teen ’n prys
Die program het ’n klomp memes tot gevolg gehad, en bekendes soos Kim Kardashian en Cardi B het erken hulle was verslaaf daaraan.
Cardi B is so ’n groot aanhanger van Joe dat sy selfs ’n GoFundMe-veldtog vir sy vrylating begin het. Joe, wat in April verlede jaar tronk toe is, het daardeur eindelik die roem behaal waarna hy gesmag het.
“Hy was in die wolke toe ek laas met hom gepraat het,” sê Eric. “Hy is optimisties dat hy dalk ’n kans op appèl het.”
“Dis wat Joe nog altyd wou gehad het,” voeg Rebecca by. “Hy wou altyd ’n ster wees. Nou is hy agter tralies. En skielik is die ironie van ironieë dat dit deels die rede is waarom hy nou ’n ster is.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42%