Almal moet help in stryd teen armoede

Augetto Graig
Augetto Graig - Die minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, biskop Zephania Kameeta, het Maandag die opleidingsessie van die nuwe straatkomiteelede vir Katutura-Oos-kiesafdeling in Windhoek geopen. Katutura-Oos is die vierde deel van die hoofstad waar die ministerie kos deur middel van die voedselbank sal versprei. Die komiteelede is daarvoor verantwoordelik om behoeftige families te registreer en die kospakkies uit te deel. Huidig is straatkomitees hiermee besig in die Tobias Hainyeko-, Samora Machel- en Moses Garoeb-kiesafdeling waar meer as 10 000 behoeftige burgers nou maandeliks koshulp ontvang.
Meer as 187 straatkomiteelede het reeds opleiding ontvang, met die huidige groep wat teen Vrydag gereed sal wees om met hul werksaamhede te begin. Tydens die openingsessie was die adjunkminister, eerwaarde Aino Kapewangolo, die permanente sekretaris, mnr. I-Ben Nashandi, sowel as die voedselbankkenner en oudambassadeur, mnr. Angel Dalmau Fernandez van Kuba, teenwoordig.
Volgens Nashandi is die ministerie huidig besig om ’n pakket saam te stel sodat straatkomiteelede ’n toelaag kan ontvang en moontlik ook vir voedsel sal werk.
“Terwyl julle die gemeenskap dien, sal ons ook na julle kyk om te sien hoe ons julle kan help ontwikkel. Van julle kan nog studeer of leer hoe om te bou of motors te herstel. Ons wil julle help opstaan en om nie weer terug te val nie, sodat julle kan groei en selfstandige burgers raak,” het Kameeta gesê.
Die minister het ook eerwaarde Zack Pienaar, die hoof uitvoerende beampte van Imago Dei, aan die komiteelede voorgestel.
Dié organisasie spesialiseer daarin om maatskappye te help om hul maatskaplike verantwoordelikhede doeltreffend te vervul.
“Julle ontvang opleiding en leer hoe om behoeftige inwoners in die gemeenskap se name op te teken. Julle gaan sopkombuisies en mense teen- kom wat na kinders omsien. Kry julle iemand wat vir ander sorg, moet julle vir Imago Dei laat weet. Hulle kan ons help om dié mense aan maatskappye te koppel wat hulle sal kan help. Werk asseblief saam en deel jul inligting met hulle,” het Kameeta gesê.
Kameeta het die komiteelede daaraan herinner hulle moet die inwoners eerste stel. Volgens hom "verbeter geboue nie mense se lewens nie, maar ’n helpende hand wel".
“Ons ministerie het ’n yslike taak om armoede in Namibië uit te roei. Dit is ’n groot ding, maar ons moet soms reg wees om groot dinge te doen,” het hy beklemtoon.
“Kan armoede uitgewis word? Ek glo dit kan. Armoede is geskep deur onregverdigheid, gierigheid, die begeerte om meer as ander te hê en om ons eie sakke eerste vol te stop. Enig­iets wat deur die mens geskep is, kan deur die mens verwyder word,” het Kameeta gesê. Volgens die minister is selfsugtigheid ook ’n tipe armoede en is mense ryk wat aan ander dink.
“Ons moet hierdie armoede van selfsugtigheid uit ons denke verwyder."
Die ministerie wil in opdrag van president Hage Geingob begin met die uitwissing van hongersnood.
“Dit is baie belangrik, omdat dit so moeilik vir honger mense is om vorentoe te beweeg,” het Kameeta gesê.
“Hierdie doel van armoede-uitwysing kan nie deur die regering alleen gedoen word nie, maar deur ons almal en veral deur dié wat huidig in armoede verkeer. Sluit hulle in en luister na hulle. Dit moet ’n proses wees wat almal insluit. Dit is ook waarom ons mense uit gemeen­skappe geneem het wat ons wil help, veral jong mense wat sonder hoop en sonder werk in die strate dwaal. Die voedselbank is nie ’n groot gebou nie, jy is die voedselbank,” het hy aan die straatkomiteelede gesê.
Volgens ambassadeur Fernandez behoort die opleiding van straatkomiteelede, sowel as die registrasie van behoeftige families in die Khomasstreek, teen einde November afgehandel te wees. Dit sluit egter die Windhoek-Wes- en Windhoek-Oos-kiesafdeling en sekere gebiede om Windhoek uit wat nog nie veel ontwikkel het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053