'Almal kan nou sit'

13 February 2018 | Onderwys
Maria Eiseb



Te danke aan 'n maatskappy met 'n groot hart kan byna 70 kleuters nou met meer gemak skoolgaan.

Die personeel van Happy Home Base Kindergarten in die ­Ombili-nedersetting, in ­Katutura, was verheug oor die skenking van onder meer 12 tafels, 50 stoele en skryf­behoeftes wat hulle onlangs van ­Business ­Connexion Namibia (BCX) ontvang het.

Tydens die oorhandiging het me. Christofine Katolo, stigter van die kleuterskool, gesê sy het met sowat 15 kindertjies begin en vandag spog sy met 64 leerlinge en twee onderwysers.

Sy het gesê ongeveer 34 van haar voormalige leerlinge het vanjaar met hul skoolloopbaan begin.

Katolo het gesê vantevore was daar nie genoeg stoele nie, maar elke kind sal nou op sy eie stoel kan sit.

“Ons het net twee of drie stoele gehad. Daar was altyd 'n bakleiery oor wie daarop sal sit,” het sy gesê.

Me. Loraine Brink, 'n rekenmeester by BCX, het gesê die maatskappy het 'n groep gestig wat een keer per jaar skenkings aan minderbevoorregtes gee.

Volgens Brink het hulle sowat N$18 000 bymekaargemaak waarvan die maatskappy 'n ­bykomende N$8 000 geskenk het.

Me. Magda Shamalaza, wat in beheer is van die Amos- Meerkat projek in die Khomasstreek, het opgemerk die kleuters by dié skooltjie het nie skryfbehoeftes soos verf, skêre ensovoorts gehad nie.

“Danksy BCX se skenking word almal gehelp. As jy iets vir een kind doen, doen jy dit ook vir die volgende kind,” het sy gesê.

Soortgelyk

 

Plastieksakke uit nasionale parke verban

29 minute gelede | Omgewing

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het plastieksakke uit alle nasionale parke in die land verban. Die minister het gemaan geen...

Nampol-beamptes skuldig aan nalatigheid

57 minute gelede | Misdaad

Twee senior polisiebeamptes wat intern ondersoek is vir hul beweerde nalatigheid om betyds te reageer in ‘n saak waarin ‘n 18-jarige vyf familielede vroeër vanjaar...

Ollies les hul dors

10 ure gelede | In beeld

Namibiërs in die Zambezistreek kan vandag na verspreide donderbuie uitsien, terwyl dié elders in die binneland vir eers nog met enkele tot geïsoleerde buie tevrede...

Ekonomie: Hou sand uit wiele

10 ure gelede | Politiek

Ronelle Rademeyer Dubbele belasting, soos belasting op dividende en belasting op kapitaalwins is immoreel en gaan nié die ekonomie laat groei nie.'n Ekonomie is die...

PS'e binnekort nié permanent

10 ure gelede | Regering

Denver Kisting - As beplande wetgewing deurgevoer word, is PS’e binnekort nie meer “permanent” in die tuig nie.Hiernaas sal dié rekenpligtige beamptes van ministeries ook...

Gróót regshervorming binnekort op pad

10 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die werksaamhede van die land se howe word deur verskeie uitdagings gekortwiek.In die lig van hervorming wat die minister van justisie, mnr....

Ongelukke: Namibië 45ste op wêreldranglys

10 ure gelede | Ongelukke

Padongelukke kos Namibië jaarliks N$1,3 miljard en is die oorsaak van 3,76% van die land se totale sterftes.Dié skokkende syfers is Dinsdag namens die minister...

Weer vir 23 November 2018

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloe­dig warm in die ||Kharasstreek en die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele...

Weer, Donderdag 22 November 2018

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Enkele donderbuie word in...