Allister: Uzair kan nes Warren wees
Allister: Uzair kan nes Warren wees

Allister: Uzair kan nes Warren wees

Rugby
Michael Green - Uzair Cassiem se vermoë om “soos Warren Whiteley te speel,” het die deurslag gegee in die besluit om hom op agtsteman te kies vir Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen Argentinië.

Cassiem se insluiting in die beginspan en die keuse van die jong Curwin Bosch as plaasvervanger, was die vernaamste besprekingspunte toe Allister Coetzee, Bok-hoofafrigter, gister sy span vir die kragmeting in Port Elizabeth aangekondig het.

“Tydens die Junie-reeks (teen Frankryk) het ons net een nommer 8 in ons kaptein, Warren Whiteley, gehad,” het Coetzee gesê.

“Skielik het ons in Uzair en Dan (du Preez) ten minste drie en dis belangrik dat ons ons diepte versterk.”

Volgens Coetzee is die 27-jarige Cassiem 'n doring in die lynstane, nes Whiteley wat weens 'n liesbesering op die langtermynkrukkelys bly.

“Hy is 'n baie intelligente lynstaanspeler, wat uitstekend meeding vir die bal,” sê Coetzee. “Hy speel ook baie dieselfde rol as Warren in die wye kanale.”

Dat Cassiem nie algemeen as 'n spesialis-agtsteman beskou word nie, is nie vir Coetzee 'n probleem nie.

“Uzair het vir die Cheetahs al meer as ses wedstryde op agtsteman gespeel,” sê hy.

Cassiem het verlede jaar in November in Cardiff in sy enigste ander toets vir die Bokke teen Wallis gespeel toe die span met 13-27 verloor het.

Sy lostriomaats sal Siya Kolisi, wat ook die onderkaptein is, en Jaco Kriel wees.

Coetzee sê Kriel se ervaring, ook as kaptein vir die Leeus, het gehelp dat hy die regmerkie kry.

“In die afwesigheid van Warren het hy (Kriel) nog meer ervaring as leier in die uitklopwedstryde van die Superrugby-reeks opgedoen,” sê Coetzee.

“Omdat hy in die beginspan is, kan Eben Etzebeth ook met die leier­skap help.”

Jean-Luc du Preez, wat sy plek in die beginspan aan Cassiem afstaan, skuif af plaasvervangersbank toe.

Die 20-jarige Bosch se insluiting maak Coetzee opgewonde oor die diepte wat dit in die sleutelposisies van losskakel en heelagter bied.

“Curwin is 'n wonderlike jong talent en dis ons verantwoordelikheid om hom behoorlik te bestuur,” sê Coetzee.

Coetzee sê in Junie was daar net een losskakel – Elton Jantjies.

“Nou het ons drie met Handré Pollard en Curwin Bosch ook daar. Handré lyk goed en as daar 'n krisis was, kon ek hom selfs gekies het, maar nou kry hy nog tyd om aan sy kondisionering te werk.”

Met die vaskopstut Frans Malherbe wat met 'n nekbesering uit is, kry Coenie Oosthuizen die kans om in sy 27ste toets te speel.

Springbokke: Andries Coetzee (3 toetse), Raymond Rhule (3), Jesse Kriel (19), Jan Serfontein (29), Courtnall Skosan (3), Elton Jantjies (14), Ross Cronjé (2), Uzair Cassiem (1), Jaco Kriel (8), Siya Kolisi (19), Franco Mostert (9), Eben Etzebeth (57, k), Coenie Oosthuizen (26), Malcolm Marx (5), Tendai Mtawarira (90). Reserwes: Bongi Mbonambi (8), Steven Kitshoff (13), Trevor Nyakane (28), Pieter-Steph du Toit (23), Jean-Luc du Preez (4), Francois Hougaard (42), Curwin Bosch (geen), Damian de Allende (22).

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!