Alles ruik tog so bekend
BROOS EN UITSIGLOOS SKRYF:
Min mense ken dalk dié ou liedjie van Battery 9, maar die lirieke het my dadelik bygedam toe ek gisteraand (Maandag) opnuut met my tuiskoms op hierdie toneel in Cimbebasia se Otjinjangestraat afkom.
So gaat die woorde: “Hier sit ek al weer in k**straat, alles lyk tog so bekend . . .” Lyk, en ruik . . .
En in onse straat gebeur dit gereeld. Vanoggend (Maandag) het dit nog dieselfde gelyk, hoewel die riool darem nie meer sigbaar uit die mangat bo in die singel geborrel het nie.
Dalk kan City of Windhoek darem net vir ons en die bure vertel hoekom die verstopping aanmekaar terugkeer, as hulle dit nie kan loswikkel nie. Dan weet ons darem.
Dis, in ander woorde uit dieselfde liedjie, ‘n verpesting wat nie ignoreer kan word nie – al worrie julle dalk nie oor ons “swak adres” nie. Die besigheid laat ons broos, sonder uitsig en moedeloos.
Maar “at least kan ons nog kla en k**praat,” al is alles tydelik en sal alles vergaan . . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie