Alle paaie lei dié naweek na lelieprag
Ronelle Rademeyer op Maltahöhe – Groot getalle mense word die naweek op die plaas Sandhof by Maltahöhe verwag waar die 700 ha-pan sedert Woensdag oortrek is van wit en pienk lelies.
Die Maltahöhe-hotel is tjok en blok vol bespreek, met die eerste lelietoeriste uit Suid-Afrika wat gister al ingeboek het, vertel me. Marika Raves, mede-eienaar van die hotel.
Raves, wat op Maltahöhe grootgeword het, sê in 2017 was die lelies besonder mooi omdat dit dig op mekaar oor die gebied so groot soos 700 rugbyvelde gestaan het. Dit is vanjaar weer die geval.
Dié lelies, Crinum paludosum, blom in Januarie of Februarie wanneer dit genoeg gereën het om die pan tot op ’n diepte van 30 cm te vul. Die miljoene bolplante wat in die droogte dormant is, begin dan vyf tot sewe dae later blom.
Dit sal na verwagting nog tot Sondag in volle blom wees.
Sandhof is al 122 jaar in die Richter-familie, vertel Raves. Een van die nasate, mnr. Oliver Morgen, is tans die eienaar.
Die plaas is 37 km noord van Maltahöhe geleë. Besoekers moet uitkyk vir die gazebo by die afdraai waar hulle die register moet invul en N$20 toegangsgeld moet betaal. Vir kinders en pensioenarisse kos dit N$10.
Raves onthou hoe Morgen se ouma, tante Meta Richter, vertel het hoe sy ná die lelies klaar geblom het, 700 beeste op die pan laat wei het.
“Daardie beeste het spekvet geword.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie