Alle ou00eb gerig op Trump en Poetin
Alle ou00eb gerig op Trump en Poetin

Alle oë gerig op Trump en Poetin

Sky News het berig hoe Trump Sondag met sy vertrek aan ­Brittanje gesê het dat hy “lae ­verwagtinge” vir sy ontmoeting met Poetin het.
Llewellyn Prince

As pres. Wladimir Poetin van Rusland gister in Helsinki, Finland, net sou aansit vir sy beraad met pres. Donald Trump van Amerika, sou hy reeds alles bereik het waarop hy kon gehoop het.

Só het die invloedryke New York Times (NYT) Sondag geskryf oor dié vergadering tussen Poetin en Trump waarop die oë van die hele wêreld gefokus sal wees.

Dié koerant skryf voorts al wat Poetin nodig het om sy vergadering met Trump ’n sukses te maak, is dat dit plaasvind sonder enige groot wrywing.

Dit sal glo ’n simboliese einde beteken van die Weste se pogings om Rusland te isoleer weens sy optrede teen die Oekraïne in 2014, Rusland se inmenging in Amerika se 2016-verkiesings en ander voorbeelde wat die Amerikaanse departement van finansies beskryf het as Rusland se “kwaadaardige optrede” wêreldwyd.

Verder skryf die NYT Trump en Poetin se vergadering volg kort nadat die Amerikaanse president die afgelope week sy Navo-bondgenote op sy Europese besoek sleggesê en Theresa May, die Britse premier, verneder het.

Intussen het die Russiese televisienuuskanaal Russia Today Sondag berig hoe Poetin se administrasie in Moskou gister se vergadering beskou as die begin om “die negatiewe situasie in die verhoudinge tussen Amerika en Rusland positief te verander”.

Yury Ushakof, ’n raadgewer van Poetin, het aan dié kanaal gesê Moskou beskou Trump as ’n “vennoot”.

Die Washington Post het berig van die onderwerpe wat Trump en Poetin sal bespreek, sal onder meer insluit die konflikte in Sirië en die Oekraïne asook die wapenbeheerooreenkoms van die Reagan-era en die vooruitsig om 2011 se ooreenkoms vir die vermindering van kernwapens tussen Amerika en Rusland te verleng.

Die koerant berig voorts Trump het Sondag in ’n onderhoud gesê hy het nie daaraan gedink om Poetin op die vergadering te druk om die dosyn Russiese amptenare aan Amerika uit te lewer wat Vrydag amptelik deur die VSA se wetstoepassers daarvan aangekla het dat hulle e-posse van lede van die land se Demokratiese Party gekaap het nie.

OUDPRES. OBAMA

Trump het eerder gesê dit is sy voorganger, oudpres. Barack Obama, en die Demokrate se “swak verdedigingstelsels” wat veroorsaak het dat hul e-posse tydens die 2016-presidentsverkiesings deur kuberkrakers gekaap is.

Amerika het nie ’n uitleweringsooreenkoms met Rusland nie.

Die televisienuuskanaal CNN het Sondag berig hy het van ’n bron verneem dat Trump gereed is om die kernkragooreenkoms met Rusland te verleng, terwyl Sirië, die Oekraïne, Russiese kuberaktiwiteite en Noord-Korea ook op die agenda sal wees.

Die Britse The Guardian het Sondag selfs berig die “onheilige alliansie” tussen Trump en Poetin kan tot oorlog met Iran lei.

Sky News het ook berig hoe Trump Sondag met sy vertrek aan Brittanje gesê het dat hy “lae verwagtinge” vir sy ontmoeting met Poetin het.

Luidens dié televisienuuskanaal het Trump gesê hy verwag dat hul gesprekke “niks slegs” en “miskien iets goeds” sal oplewer.

Trump het ook gesê hy beskou Poetin as ’n “mededinger” met wie hy hoop om ’n goeie verhouding te ontwikkel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!