All Blacks se 'insinking' flous hom nie, sê Rassie

13 August 2019 | Sport
Christo Buchner - Rassie Erasmus gaan nie in die slaggat trap om te dink die All Blacks is op 'n afwaartse kurwe nie.

“Daar bestaan nie so iets soos 'n All Black-span wat deur 'n helse dip gaan nie,” het Erasmus gister gesê.

“Hulle beplan baie slim vir die Wêreldbeker-toernooi en werk met 'n plan. Ja, ek was bietjie verbaas hoe hulle teen die Wallabies verloor het.

“Hulle het vroeër in die reeks proefnemings gedoen teen Argentinië en was baie gelukkig om daardie toets te wen, maar dit was deel van hul proses om dinge goed uit te kyk en sekere spelers op die proef te stel,” sê hy.

“Die nederlaag teen die Wallabies die afgelope naweek kan 'n terugslag vir hulle wees, maar ek glo vir geen oomblik hulle is besig om die kluts kwyt te raak nie.

“Hulle is steeds 'n gevaarlike span.

“Die All Blacks is steeds die wêreldkampioen en daarteen kan nie gestry word nie. Die span is net té goed om nou afgeskryf te word. Dit sal 'n groot fout wees om dit te doen.

“Hulle is 'n trotse rugbynasie. Ek gaan beslis nie om die bos gelei word deur hierdie insinking nie,” het Erasmus gesê.

Die Springbokke wat die Rugbykampioenskapsreeks verower het om hul eerste trofee in 'n dekade te wen, is by die hotel waar die nuuskonferensie in die lughawekompleks gehou is, baie entoesiasties met sang en dans deur die personeel verwelkom. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

2 dae gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

2 dae gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

2 dae gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

2 dae gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

2 dae gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

2 dae gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

2 dae gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

2 dae gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...