All Black rand glo vrou in kroeg aan

Rugby
Shannon Frizell, losvoorspeler van die All Blacks en Highlanders, was na bewering betrokke by die aanranding van ’n vrou in ’n kroeg in Dunedin.
NZHerald.co.nz berig die voorval het glo Sondag in die vroeë oggendure by die Vault 21-kuierplek gebeur. Dit is ’n gewilde restaurant en kroeg in die Octagon, die middelpunt van die stad se besige naglewe.
Die polisie het bevestig hulle “ondersoek ’n klag van aanranding by ’n kroeg in die Octagon Sondagoggend omstreeks 02:30”.
Beamptes is nie na die voorval ontbied nie en die polisie is eers Sondagmiddag van die aantygings ingelig. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
“Ons is bewus van ’n beweerde voorval Saterdagaand waarby ’n speler betrokke was. Ons sal ondersoek doen en het geen verdere kommentaar nie,” sê Roger Clark, grootbaas van die Highlanders.
Frizell (27) het sy buiging vir die All Blacks in 2018 gemaak en 13 toetse vir Nieu-Seeland gespeel.
Hy het in April sy kontrak met die Highlanders en Nieu-Seelandse Rugbyunie tot 2023 verleng.
Die Highlanders was nie die afgelope naweek in aksie nie, maar hulle pak die Reds Vrydag in Dunedin in die trans-Tasmaanse Superrugbyreeks.
• Frizell se beweerde voorval is die soveelste waarby 'n Nieu-Seelandse speler betrek word by geweldpleging teen vroue.
Zac Guildford is verlede maand ontmasker as die voormalige All Black-rugbyspeler wat gevonnis is omdat hy 'n vrou met die vuis geslaan het. Guildford (32) het ’n onstuimige loopbaan beleef weens alkoholmisbruik en probleme met sy geestesgesondheid. Sy poging om sy naam geheim te hou, het misluk. Hy het ook misluk met sy appèl teen sy vonnis, wat intensiewe toesig van twee jaar behels.
Die All Black-vleuel Sevu Reece het ook 'n paar jaar terug erken dat hy skuldig was aan 'n voorval van huishoudelike geweld, maar hy is nie gevonnis nie.
– Netwerk24


FOTO
Shannon Frizell het 13 toetse vir die All Blacks gespeel. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!