Alkoholverbod kos 70 000 hul inkomste
Alkoholverbod kos 70 000 hul inkomste

Alkoholverbod kos 70 000 hul inkomste

Die SAIF meen die verbod plaas mense wat ‘n eerlike inkomste in die bedryf verdien se werk op die spel.
Nuusredaksie

Die verbod op die koop en verkoop van alkohol tydens fase 2 van die inperking beteken tot 70 000 Namibiërs, wat vanaf vervaardiging tot verkope in die bedryf werksaam is, verdien tans geen inkomste nie.

Dit aldus mnr. Horst Heimstädt, koördineerder van die Selfregulerende Alkoholbedryfsforum (SAIF).

Hy meen na raming veroorsaak die verbod tot 350 000 Namibiërs het tans nie die vermoë om kos op hul tafels te sit nie.

Dit is indien die bedryf se 70 000 werkers elk vir nog ongeveer vyf mense sorg – wat ‘n konserwatiewe berekening is, sê die SAIF.

“Dit raak dus tot 14% van die land se bevolking van 2,5 miljoen mense,” het Heimstädt gesê.

Terselfdertyd verloor die wettige bedryf weekliks sowat N$102 miljoen, terwyl onwettige smokkelmarkte klaarblyklik reusegroei toon.

“Die verbod op alkohol tydens die inperking sal die Namibiese bedryf teen 1 Junie ongeveer N$918 miljoen kos.”

Dit volg ná ‘n regulasie vir fase 2 van Namibië se inperking weens die Covid-19-pandemie in die Staatskoerant van 4 Mei verskyn het, wat die koop en verkoop van drank verbied. “Drank” word definieer as enige wyn, bier, appelbier of drank wat alkohol per gewig of per volume bevat en vir menslike verbruik bedoel is.

SMOKKELARY

Die SAIF meen die verbod plaas mense wat ‘n eerlike inkomste in die bedryf verdien se werk op die spel, ten gunste van onwettige smokkelary van beide alkohol en ‘n toename in dwelmgebruik.

Die SAIF sê dit is bewus van ‘n sterk smokkelmark.

“Onwettige markte is besig om reusegroei te toon, met Cuca-bier wat oor die Angolese grens Namibië se noordelike streke binnestroom, terwyl Mossi-bier uit Zambië en Aberdour Whisky ook tans plaaslik gesmokkel word,” sê Heimstädt.

Intussen het Republikein ook onafhanklik verneem daar word met alkohol gesmous. Ingeligte bronne het laat blyk dat drank, veral van bekende handelsname, teen minstens dubbel hul normale pryse verkoop.

“Ek maak tans baie geld. Ek vra tot drie keer die gewone prys vir ’n bekende dranksoort – en mense betaal dit. Dit is kontant in my sak en die regering verloor, want ek betaal tans nie ’n sent belasting daarop nie. Ek kan glad nie kla nie en kan nie voorbly met die verskaffing nie,” het ‘n verkoper gesê.

Talle mense spog ook op sosiale media met tuisresepte vir bier, terwyl Republikein ook verneem van gevalle waar mampoer, vodka en whiskey in motorhuise gestook en verkoop word.

“Ons verkoop omtrent 25 bottels selfgemaakte alkohol per week. Sake verloop goed en die vraag bly groei,” het ’n stoker gesê.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het gister in reaksie hierop gesê die oorweging van watter aktiwiteite tydens die inperking toegelaat kan word, word eerstens gebaseer op wat in wetgewing as noodsaaklike dienste beskou word – en dat die alkoholbedryf nie deel hiervan vorm nie.

Hy het bygevoeg dit is moeilik om sosiale afstand te handhaaf waar mense alkohol verbruik. Hy sê die verbruik van alkohol het ‘n groot invloed op mense se gedrag.

Oor die ekonomiese impak hiervan, sê hy: “Alle sektore in die land het ‘n ekonomiese knou gekry. Die ekonomiese kwessie is belangrik, maar dit is die prys wat ons moes betaal vir almal se beswil.”

DRANK OF POLISIËRING?

Die SAIF meen ook die redenasie dat ‘n verbod op alkoholverkope tot minder ongevalle by hospitale lei, dra nie water nie.

“Statistieke toon hospitale in lande, soos Kenia, sien ook baie minder slagoffers van motorongelukke en geweld en misdaad het drasties afgeneem – terwyl alkohol steeds in dié lande verkoop word.

“Dit is tans ‘n wêreldwye verskynsel. Die vraag is of dit is omdat mense tans nie alkohol gebruik nie, of is dit weens volgehoue polisiëring wat toegepas word?”

Heimstädt sê Namibië se motorongelukke het met 30% afgeneem en amptenare wil dit toeskryf aan die feit dat alkohol nie beskikbaar is nie.

“Dit is egter ook ‘n feit daar was slegs 30% van die normale verkeer gedurende April op ons paaie.

“Het motorongelukke verminder weens minder voertuie op paaie of omdat drank nie beskikbaar is nie? Niemand kan statistieke gee van hoeveel motorbestuurders dronk bestuur het nie,” het hy gesê.

Die Wêreldgesondheidorganisasie (WHO) moedig regerings egter aan om maatreëls af te dwing om alkoholverbruik te beperk.

Op die vraag of die bedryf hom tot die hof sal wend om die situasie te beredder, sê Heimstädt: “Ons glo alles kan ‘n oplossing hê as verskillende partye bereid is om saam te werk. Die alkoholbedryf is ten volle bereid om hul samewerking aan die regering te gee.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.71/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.72/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 932.63/OZ DOWN -0.0038 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.71/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.72/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 932.63/OZ DOWN -0.0038