Algehele verbod op vang van kabeljou
Algehele verbod op vang van kabeljou

Algehele verbod op vang van kabeljou

Des Erasmus
Die ganse Namibiese kus van die Kunene tot by die Oranje gaan voortaan vir die eerste drie maande van die jaar vir kabeljouvangste gesluit wees. Op oortreders gaan allemintige boetes wag en in ernstige gevalle sal daar nie eens ‘n keuse van ‘n boete wees nie.
Die ingrypende wysiging van die viswet het net ná middernag van krag geword ná ‘n ellelange vergadering deur verteenwoordigers van die ministerie van die omgewing en toerisme en verteenwoordigers van seevisserye en mariene hulpbronne. “As hengelaars dan nie wil hoor nie, moet hulle voel, het die minister van visserye”, mnr. Bernard Esau, gesê toe hy uit sy slaap gewek is om ‘n navraag deur Republikein te beantwoord.
’n Aanduiding van die erns met die wetswysiging is die minimum boete van N$1 417 wat eerste oortreders opgelê gaan word. Op die bedrag is glo geskik nadat ernstige verskille onder die besluitnemers op ‘n stryery afgestuur het. In gevalle van tronkstraf is afslag vir goeie gedrag net een enkele dag.
Esau het vrae oor vollediger besonderhede omseil en die verslaggewer verwys na ‘n kennisgewing wat vandag al in die staatskoerant verskyn.
“Kan ek nie nou maar weer gaan slaap nie?” het Esau gevra.
‘n Senior amptenaar in die skakelafdeling van die ministerie van omgewing en toerisme, mnr. Leo Oliphant, in die omgang ook bekend as Oom Spekkies, was meer spraaksaam oor vandag se verordening. “Verlede jaar op 1 April is in die staatskoerant afgekondig dat die gebied tussen Pelikaanpunt en Sandvishawe van 1 Januarie tot 31 Maart vir kabeljouvangste gesluit gaan word. Dit het gebeur. Daarom kan ons nou op 1 April terugkyk en met ons volgende ingrypende stap kom om die kabeljoubron te beskerm deur vandag die ganse kuslyn van 1 Januarie tot 31 Maart vir kabeljouvangste te sluit. As jy A gesê het, moet jy B sê.”
Alles moet saamgelees word, sê hy. Die konsessies oor die oorde Jakkalsputz, Myl 72 en Myl 108, het verval en is nie hernieu nie. Dit was waar die kabeljouvangers gekampeer het. Sonder kabeljou kan die drie oorde maar teruggegee word aan die see.
“Die kampeerders kan nou in die leë herberge van die kusdorpe opgeneem word of by die huis bly. Gee aan die see wat die see toekom.
Werk die plan soos wat dit vanjaar tusen Pelikaanpunt en Sandvishawe gebeur het, kan die verbod straks aanstaande jaar op 1 April uitgebrei word na ander spesies soos steenbras, galjoen en kolstert. Dis ook nie ’n verbod op alle visse nie. Haaie, babers, skaamhaaie, pylsterte en sandhaaie sal onder die goed wees wat steeds gevang mag word.”

Nota: Hierdie was ons Gekkedaggrap (1 April) vir 2017, meesterlik bekook deur veteraan Des Erasmus. - Dani Booysen, Redakteur

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.27/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.42/lb UP +2.26% | Zinc US$ 2 819.10/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 87.45/BBP DOWN -0.003 | Platinum US$ 943.38/OZ UP +0.36% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.27/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.42/lb UP +2.26% | Zinc US$ 2 819.10/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 87.45/BBP DOWN -0.003 | Platinum US$ 943.38/OZ UP +0.36%