Alexia veg moedig

Weermag moet pa staan vir skietery

20 March 2017 | Misdaad
Francoise Steynberg - Dit gaan onder omstandighede goed met die driejarige Alexia Keil wat Woensdag in die Bwabwata Nasionale Park na bewering deur weermagsoldate van die teenstropery-eenheid in die kop geskiet is.

Sy is die naweek steeds onder verdowing in die intensiewesorgeenheid van 'n Windhoekse private hospitaal gehou.

Mnr. Peter Keil, haar oupa en 'n bekende vlieënier, het gesê Alexia is in 'n stabiele toestand en sy vorder goed.

“Lexi herken ons almal en praat. Hoewel sy verdowingsmedikasie kry, reageer sy goed. Die swelling weens die bloeding op haar brein raak stadigaan minder, wat spoedig sal toelaat dat prosedures gedoen kan word,” het Peter gesê.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hulle ondersteun.

'n Betroubare bron in mediese kringe het gesê dit is eers tydens 'n skandering in 'n Windhoekse private hospitaal dat vasgestel is daar is 'n koeël in Alexia se kop. Dit kan duidelik op X-strale gesien word.

Die koeël het glo by haar agterkop ingegaan, is deur haar brein en het toe teen haar voorskedel teruggespring in haar brein in.

Die ministerie van verdediging het deur sy woordvoerder, maj. Petrus Shilumbu, bevestig dat slegs weermagsoldate van die teenstropery-eenheid betrokke was by die skietvoorval in die park.

“Dit was weermagsoldate wat 'n patrollie in die park uitgevoer het. Daar was geen polisielede betrokke nie,” het Shilumbu aan Republikein gesê.

Die ministerie van verdediging sou Donderdag op navraag van Republikein 'n mediaverklaring uitreik, maar het nie. Donderdagaand het Shilumbu gesê die ministerie van verdediging sal Vrydag 'n mediakonferensie hou, maar dit is ook afgelas.

“Die ministerie van verdediging het besluit om die mediakonferensie af te las, want daar word op die amptelike polisieverslag gewag,” het Shilumbu Vrydagmiddag gesê.

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het ook gesê sy ministerie kan geen kommentaar lewer alvorens 'n amptelike verslag ontvang is nie.

“Die ministerie kan slegs 'n verklaring uitreik nadat 'n amptelike verslag van ons amptenare en die Namibiese polisie ontvang is,” het Shifeta gesê.

Die teenstropery-eenheid in Bwabwata Nasionale Park bestaan uit lede van die ministerie, die Namibiese polisie en die weermag.

Die voorval spruit uit die Keil-gesin wat bestaan uit pa Harald, ma Teresa en sussies Alexia en Caitlyn (twee) wat op 'n wildbesigtigingsrit met hul Toyota Fortuner was.

Volgens Harald het daar skielik 10 tot 15 gewapende mans, geklee in uniform én siviele drag uit die bosse gekom en die voertuig omsingel.

“Hulle het nie geantwoord toe ek hulle vra waarom hulle my stop nie. Hulle kon ook geen identifikasie toon wat

wys dat hulle van die Namibiese weermag is nie,” het Harald

gesê.

“Hulle het ons aggressief beveel om uit die kar te klim en geen verduideliking daarvoor gegee nie. Hulle het begin om die deure van die kar oop te maak. Ek het gevoel my familie word bedreig en dit was nie 'n normale soektog nie. Ek het weggery en hulle het begin skiet.”

Intussen gons dit op sosiale media oor die veiligheid van toeriste in ons parke en “die skietmal-weermag wat moet pa staan vir Alexia se toestand”.

Soortgelyk

 

Hage sê oor 2017

6 ure gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend (Woensdag) tydens sy jaareind-nuuskonferensie 'n wye oorsig oor die prestasies en uitdagings van die afgelope jaar gegee. Hy het ook...

Geliefde Stienie Mudge sterf

8 ure gelede | Mense

Die 87-jarige me. Stienie Mudge, vrou van die veteraan-politikus mnr. Dirk Mudge, is Dinsdagnag in Windhoek oorlede.Sy laat haar man, hul vyf kinders, sestien kleinkinders...

Geen oorbruggingsdekking vir Psemas-lede

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht Lede van die staat se mediese fonds (Psemas) kwalifiseer volgens die gedeelte oor voorlopige standaarde in die Wet op Finansiële Instellings en Markte...

Sardynvangste gestaak

18 ure gelede | Visserye

Augetto Graig Vanaf 1 Januarie 2018 tot 31 Desember 2020 sal geen grootskaalse vangste van sardyne in Namibiese waters toegelaat word nie. Die kabinet het...

Jan Möhr en HTS se rapporte by skoolhoofde

18 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht Die kantoor van die ombudsman het verskeie klagtes van ouers van leerlinge verbonde aan die Sekondêre Skool Jan Möhr en die Hoër Tegniese...

Kinders sterf tragies in ou kar

18 ure gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg Die lewelose liggame van 'n niggie en nefie van Grootfontein is Sondagnamiddag in 'n ou voertuig op hul erf gevind.Volgens die woordvoerder van...

Weer vir 13

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Meestal sonnig en baie tot bloedig warm in die Suide, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie in die...

N$650 000 for garden project

18 ure gelede | Landbou

NAMPAFarmers and community members from Hukus in the Aminuis area of the Omaheke Region on Thursday received a donation of N$650 000 for the development...

Kleremaker help ander

18 ure gelede | Mense

Tanja Bause – “Soms kom ’n ouma met haar kleinkind se geskeurde skoolklere na my toe en vra dat ek dit herstel. “Ek kan sien...