Alexia se ouers dagvaar staat vir N$3,2 miljoen

Die respondente is die ministeries van veiligheid en sekuriteit, verdediging, die omgewing en toerisme, die weermaghoof, die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie en die regering van Namibië.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Alexia Keil, die Namibiese kleuter wat in Maart 2017 in die Bwabwata Nasionale Park deur lede van die teenstropingseenheid in die kop geskiet is, se ouers eis miljoene se skadevergoeding van die staat.

Mnr. Harald Uwe en me. Teresa Keil eis namens hul dogters, Alexia Isabella (byna 5) en die driejarige Caitlyn Keil, skadevergoeding van N$3,2 miljoen van die ministeries van veiligheid en sekuriteit, verdediging, die omgewing en toerisme, die hoof van die weermag, die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie en die regering van Namibië.

Die Keil-egpaar voer in hofstukke aan dat hul gesin se waardigheid, liggaamlike integriteit, persoonlike veiligheid en lewens tydens die skietvoorval bedreig is en dat hulle onder vrees, skok en emosionele stres, pyn en lyding gebuk gaan. Hiernaas voer hulle aan dat hulle ongemak en ongerief verduur en hul lewensgehalte weens dié trauma ingeperk is.

MEDIESE KOSTE

Die egpaar eis mediese koste vir Alexia ten bedrae van N$220 000 nadat sy in die kop geskiet is en 'n stukkie koeël tydens 'n noodoperasie uit haar skedel verwyder moes word. Daarbenewens het hulle N$450 000 vir toekomstige mediese koste geëis, insluitend sielkundige behandeling vir hul twee dogters, asook N$500 000 vir 'n skool vir spesiale onderwysbehoeftes wat moontlik vir Alexia vereis sal word weens die gevolge van die skietvoorval.

Die eis spruit voort uit die voorval op 15 Maart 2017 op 'n openbare pad in die Bwabwata Nasionale Park in die Zambezistreek waar die Keil-gesin op 'n wildbesigtigingsrit was.

Die Keils voer in die hofstukke aan hul voertuig is deur gewapende mans gestop wat nie hulself geïdentifiseer het nie, en hulle is versoek om die voertuig te verlaat. Daar is glo probeer om hul voertuig oop te dwing en die mans het op 'n "aggressiewe en intimiderende manier" opgetree.

Die pa was glo bevrees dat die mans hulle gaan aanval en het weggejaag, waarna op hul voertuig geskiet is en Alexia in die kop getref is.

Die Keils meen daar is kwaadwillig, opsetlik en nalatig teenoor hulle opgetree, omdat daar geen padblokkade opgerig was nie, ook nie duidelike tekens vir onkundige parkbesoekers en toeriste nie.

Hulle voer ook aan die mans was nie in uniform geklee nie en het nie hulself duidelik geïdentifiseer nie.

"Inteendeel, daar is blindelings op die voertuig en passasiers geskiet toe die mans nie in gevaar was nie," word aangevoer.

Die voorval het groot reaksie by die publiek uitgelok en die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het daarna vure probeer doodslaan deur die versekering te gee toeriste is veilig in nasionale parke.

In Maart vanjaar het die geskiedenis homself herhaal toe lede van die teenstropingseenheid op twee Duitse toeriste, mnre. Rüdiger en Oliver von Knebel Doeberitz , se huurvoertuig in Bwabwata geskiet is.

Die Duitsers het, soos die Keils, ook op gewapende mans in burgerlike klere afgekom, onveilig gevoel en weggejaag.

Die toeriste het beweer hulle het geen waarskuwingskote gehoor nie en hul huurvoertuig is getref en beskadig. Daarna het die Duitsers by die Divundu-polisiekantoor 'n nagmerrie-ondervinding gehad waar hulle glo gedreig is dat hulle 'n nag in die selle gaan slaap. Op aanbeveling van 'n Namibiese lodge-eienaar het die toeriste in 'n verklaring verskoning gevra en 'n boete van N$60 betaal.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!