Al drie presidente na Kuba vir Castro-begrafnis
Al drie presidente na Kuba vir Castro-begrafnis

Al drie presidente na Kuba vir Castro-begrafnis

Die adjunkminister van internasionale betrekkinge het hom by ander hoogwaardigheidsbekleërs geskaar en hulde aan die ontslape Kubaanse leier gebring.
Estelle de Bruyn
Staatshuis het aangekondig die stigterspresident, mnr. Sam Nujoma, en oudpresident Hifikepun­ye Pohamba het gister na Kuba vertrek om die begrafnis van die ontslape Kubaanse oudpres. Fidel Castro by te woon.

Pres. Hage Geingob sal ook sy besoek aan Europa onderbreek om na Kuba te reis om die gedenkdiens vandag by te woon.

Die Kubaanse regering het nege dae van rou afgekondig wat Saterdag begin het. Castro se oorskot sal veras word en gedurende die routydperk sal die as op ''n toer deur Kuba geneem word. ''n Staatsbegrafnis word op 4 Desember vir die ontslape revolusionêre leier gehou.

Ondertussen het die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Peya Mushelenga, gesê die dood van die voormalige Kubaanse president is ''n verlies vir die mense van Namibië.

Hy sê Kuba en Namibië het hegte betrekkinge en om dié rede is Namibië diep geraak deur die dood van die Kubaanse revolusionêr.

Castro is Vrydag in die ouderdom van 90 jaar oorlede.

Mushelenga het op die gesamentlike werkgroep tussen Kuba en Namibië gewys wat in 2015 tot stand gekom het om handel en kommersiële same­werking te bevorder.

Die adjunkminister, wat ook die voorsitter van die werkgroep is, sê die inisiatief is daarop gemik om betrekkinge op verskillende gebiede, insluitende landbou, die omgewing, toerisme, onderwys, gesondheid­sorg en internasionale betrekkinge, te verstewig.

Ongeveer 200 Namibiese studente is ook na Kuba vir verdere studies in die mediese en gesondheidsverwante velde gestuur.

In 2011 het Namibië ook eksterne bystand in die vorm van Kubaanse stadsbeplanners en ingenieurs gekry om bystand te lewer met die beplanning van dorpe. Een Kubaanse stadsbeplanner en ingenieur per streek is aangestel.

In 2012 het Namibiese sakeondernemings deelgeneem aan die Havana internasionale handelskou.

Castro het in 1959 ná die revolusie wat die voormalige diktator, Fulgencio Batista, se bewind omvergewerp het, aan bewind gekom en Kuba vir 49 jaar regeer. Hy het in 2006 die tuig vanweë swak gesondheid neergelê en in 2008 formeel die presidensie aan sy broer, Raúl Modesto Castro Ruz, oorgedra.

- Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!