Aksie in NPL hervat in alle erns

Sokker

10 January 2019 | Sport
Die MTC Namibiese Premierliga (NPL) hervat met 'n druk periode ná die onderbreking oor die vakansiedae, met wedstryde in Windhoek, Otjiwarongo en die kus.

Citizens kom vanaand om agtuur teen Tigers in die Sam Nujoma-stadion in Katutura te staan.

Môre om 20:00 op dieselfde veld stap Tura Magic op die veld teen Okahandja United, wat in 'n stryd gewikkel is om relegasie af te weer.

Nog 'n Vrydagaand-wedstryd om 19:00 wag in die Mokati-stadion op Otjiwarongo, waar die puik presterende tuisspan Mighty Gunners vir Life Fighters inwag.

Sondag om 15:00 in die Sam Nujoma-stadion kry Black Africa te doen met Young Brazilians wat reeds verskeie hardnekkige vertonings gelewer het. Dit word gevolg deur Orlando Pirates teen Eleven Arrows om 17:00.

Maandagaand om agtuur word in die Sam Nujoma-stadion kragte gemeet tussen die Universiteit van Namibië (Unam) en Civics.

Die volgende aand ontmoet Orlando Pirates en Okahandja mekaar om 20:00 in Katutura.

Woensdag is die kusderby in die Kuisebmond-stadion tussen Eleven Arrows en sy buurklub Blue Waters die grote wat om 20:00 afskop.

Black Africa is tans die voorloper met 16 punte ná sewe wedstryde, gevolg deur Mighty Gunners met 16 punte ná sewe wedstryde.

Citizens (derde), Young Brazilians (vierde) en Life Fighters (vyfde) is almal op 11 punte ná sewe wedstryde en word deur doelver­skil geskei.

Die verdedigende kampioen, African Stars, is maar net in die 12de posisie met ses punte, hoewel hy nog net vier wedstryde gespeel het vanweë sy verpligtinge in Afrika-kompetisies.

Die drie spanne tans in die relegasie-posisies is Okahandja United (14de met 4), Orlando Pirates (15de met 4) en Civics aan die onderpunt met drie punte ná ses wedstryde.



GEEN PANIEK BY PIRATES

Orlando Pirates sal Sondag teen die besoekende Eleven Arrows wen en drie ligapunte byvoeg, voorspel die Windhoekers se nuwe hoofafrigter, Lucky Kakuva.

Kakuva het aan die nuusagentskap Nampa gesê dié punte is noodsaaklik om hul NPL-veldtog terug op koers te bring.

Orlando Pirates bevind hom in die relegasiesone (15de uit 16 spanne) en die klub se paaie het in middel-Desember van sy vorige hoofafrigter Eric Muinjo asook sy assistent en doelwagter-afrigter Heribert Kapeng geskei.

Kakuva word voortaan bygestaan deur Geoffrey Roman, terwyl Michael Pienaar, gewese kaptein van die Brave Warriors, as spanbestuurder aanbly.

Met sy aanstelling het Kakuva gesê die Pirates-groep kom selfvertroue kort en 'n nuwe ingesteldheid is nodig.

“Die spelers het moed verloor vanweë hul vertonings en die swak posisie waarin hulle hul bevind.

“Ons missie is dus eenvoudig, om nege punte in ons volgende drie wedstryde in te samel en die spelers se selfvertroue te herstel. Dié proses moet teen Eleven Arrows begin.”

Daar is nie nodigheid om 'n paniekknoppie te druk nie, want daar is nog geleentheid oor om die seisoen te red.

“Ons ondersteuners lewer 'n kritieke bydrae om agter die span te staan wat dinge op die veld moet omdraai. Met hulle steun kan Pirates weer soos in die goeie ou dae presteer,” meen Kakuva.

Versterkings in sy spelersgroep is nodig, het hy uitgewys, maar hy wou nie uitwei in watter posisies nie.

“Ons het reeds na spelers voelers uitgereik, maar ons weet dis nie altyd maklik om spelers in die vensterperiode te bekom nie.”

• Nog 'n sukkelende klub, Okahandja United, se afrigter Woody Jacobs sê sy manne is gereed vir wat Vrydagaand teen Tura Magic voorlê.

“Ons het eintlik maar min aftyd gehad, want ons was betrokke in die Kersfeesbekertoernooi op Swakopmund, waar ons 'n paar spelers aan die buiterand van die groep speelkans gegee het.

“Drie dae ná Kersfees was ons terug op die oefenveld.”

Jacobs reken die ligawed­stryde wat sover verloor is, kan grootliks aan hul eie foute toegeskryf word.

“Maar ons het dinge reggestel en ons kan nie wag om weer te speel nie.”

Okahandja United is nog 'n span aan die groei en Jacobs is vasbeslote om deur te druk en relegasie af te weer.

“Ons het 'n paar sleutelspelers terug ná beserings en ons wil teen Tura Magic wen. Uiteraard was Tura sover baie bestendig en is die gunstelinge, maar ons is positief om 'n goeie uitslag te behaal.” - Nampa

Soortgelyk

 

Polisie konfiskeer kerk se luidsprekers in Oshakati

15 ure gelede | Plaaslik

Die polisie het luidsprekers wat aan die New Jerusalem Ministry in Oshakati se informele nedersetting Oneshila behoort, vandeesweek ná klagtes van rusverstoring gekonfiskeer.Volgens inspekteur Thomas...

Olifante beskadig optiese kabels naby Khorixas

15 ure gelede | Plaaslik

‘n Trop olifante het inwoners in die Noorde van die land sonder landlyn- en selfoonverbinding gelaat, nadat die optiese kabel tussen Omatjete en Khorixas Donderdagmiddag...

Skietklub lê weer aan

18 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Mnr. Norman Tjombe, die regsverteenwoordiger van die Rehoboth-skietklub, het vanoggend (Vrydag) bevestig sake is terug na normaal.Dít kom nadat die Namibiese weermag...

'Boere se veglus verdwyn'

1 dag gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.“Ek was gister by ’n veiling...

Egpaar herontdek skaars plantjie

1 dag gelede | Omgewing

Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede...

Kalender 18 Januarie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se beeldende kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans...

'DRK maak staat op ons'

1 dag gelede | Politiek

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die...

Operasie Hornkranz: Meer misdaad aangemeld

1 dag gelede | Misdaad

Augetto Graig Die Namibiese polisie het Woensdag by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia terugvoering gegee aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die...

Weer vir 18 Januarie

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in...